On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Aankondiging oor aktekantoor binnekort verwag

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:36 Fri, 08 May 2020

Landbounuus-podcast: Aankondiging oor aktekantoor binnekort verwag | News Article

'n Aankondiging oor wanneer die aktekantoor sal heropen sal binnekort bekendgemaak word.


Reggie Ngcobo, woordvoerder van die departement, sê die registrasie van aktes word ingevolge die vlak 4-inperkingsregulasies weens die Covid-19-pandemie as 'n noodsaaklike diens geklassifiseer. Hy sê dié regulasies met betrekking tot die inperking bepaal egter die departement moet die nodige gesondheidsmaatreëls in plek stel voordat werksaamhede hervat kan word. Dié maatreëls sal verseker dat kliënte sowel as werknemers nie blootgestel word aan gesondheidsrisko's nie. Ngcobo sê Carlize Knoesen, hoofregistrateur van aktes, gee haar versekering aan die publiek dat dié voorkomingsmaatreël spoedig in plek gestel gaan word, waarna daar voortgegaan sal word met werksaamhede.

EN

Die impak van die Corona-pandemie op varsproduktemarkte moet uit elke hoek bestudeer word. Dit is volgens Francois Knowles, registrateur van die Landbouproduk-agenteraad, APAC, wat agente in die landboubedryf ten opsigte van vars produkte op markte, lewende hawe op veilings, en die uitvoer van vars produkte reguleer. Knowles sê groter bewustheid oor die ekonomiese impak van dié virussiekte is een van die katergorieë wat ingesluit is in die Covid-19-protokol by vars produktemarkte. Dié markte hou 'n hoë risiko in ten opsigte van die verspreiding van dié pandemie en daarom is sekere protokolle, wat met die aanvang van die nasionale staat van inperking by die Johannesburgse varsproduktemark ontwikkel  en toegepas is, nou by al dié markte oor die land heen in werking gestel. Hy sê daar was 'n styging in aankope in Maart 2020 by dié markte en die omset het met 3,85% op 'n jaar-tot-jaar grondslag gegroei. Dit is 'n bykomende omset van R50 miljoen wat deur varsproduktemarkte behaal is.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.