On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Vergunnings stimuleer handel in varsprodukte

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:51 Fri, 08 May 2020

Landbounuus-podcast: Vergunnings stimuleer handel in varsprodukte | News Article

Voorsiening wat tydens die vlak 4-inperking weens die Covid-19-pandemie gemaak is vir die in- en uitvoer van varsprodukte vanaf markte, asook interprovinsiale vervoer van vragte na en vanaf hawens, stimuleer handel.


Dit is volgens Francois Knowles, registrateur van die Landbouproduk-agenteraad, APAC, wat agente in die landboubedryf ten opsigte van vars produkte op markte, lewende hawe op veilings, en die uitvoer van vars produkte reguleer. Knowles sê daar is eers met die vlak 4-inperking voorsiening gemaak vir die invoer en uitvoer van varsprodukte. Die spesiale vergunning vir die vervoer oor provinsies heen, dra positief by tot die stimulering van die invoer en uitvoer van produkte. Hy sê die uitvoer van gebottelde wyn kan ook voortgaan nadat daar uit die staanspoor tydens die inperking veranderinge aan dié Covid-19-regulasies was. Dié besluit van die regering is ook 'n stap in die regte rigting.

Die Suid-Afrikaanse wolmark het tydens die 26ste wolveiling van die seisoen verswak teenoor die vorige nasionale veiling in Port Elizabeth. Heindrich Victor, bemarkingsbestuurder van vesel by OVK, sê dié Cape Wools-aanwyser het 9,6% swakker gevaar teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R149,67 per kg gesluit. Die Australiese mark het daarteenoor met 8,2% verswak. Victor sê die daling in die mark kan toegeskryf word aan die afplatting in die wêreld ekonomie en 'n swakker vraag, veral vanaf Europa. 'n Sterker wisselkoers teenoor die vernaamste geldeenheide, ooreenstemmend dieselfde tydperk van die vorige veiling, het ook tot die daling bygedra. Die Rand het met 3,2% sterker verhandel teenoor die Amerikaanse Dollar. Hy sê fyner tipes wol het relatief goed presteer, terwyl sterker en ondergeskikte tipes wol afwaartse druk ervaar het. Die grootste daling was 13,9% in die 22 mikronsegment. 

EN

Trekkerverkope in Suid-Afrika is sover vanjaar 14% laer as verkope die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. In April is 416 eenhede verkoop wat 4% minder is as die 432 eenhede wat verlede jaar in April verkoop is. Greg Cadman, voorsitter vandie Suid-Afrikaanse landboumasjinerie-vereniging, sê in April is 20 stroper-eenhede verkoop, wat minder is as die 23 eenhede wat verlede jaar in dieselfde maand verkoop is, maar dié verkope is nou bykans 8% teenoor verkope in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Hy sê hoewel daar baie negatiwiteit in die land is, wat aangespoor word deur die reaksie op die Covid-19-inperking, gaan voedselproduksie, wat 'n noodsaaklike diens is, onverpoosd voort. Die somergraanoes is goed en die swak waarde van die Rand ondersteun kommoditeitspryse. Hy meen die algehele sentiment in die mark is positief, maar die prys van ingevoerde landboumasjinerie gaan egter, ten spyte daarvan, binnekort aansienlik verhoog moet word weens die swak waarde van die Rand.  

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.