On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Afrika-varkpes breek in Oos-Kaap uit

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:23 Mon, 11 May 2020

Landbounuus-podcast: Afrika-varkpes breek in Oos-Kaap uit | News Article

Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het 'n uitbrekeing van Afrika varkpes in die Oos-Kaap bevestig.


Reggie Ncgobo, woordvoerder van die department, sê sowat 50 varke het gevrek in verskeie kleiner dorpies in die Amathole-distrik. Dit is die eerste uitbreking in drie jaar in dié provinsie. Volgens hom ondersoek die departement die vrektes, en 'n nadoodse ondersoek op die dooie varke is onderweg. Afrika-varkpes is 'n hoogs aansteeklike siekte, wat tot vrektes van besmette varke lei. Dit hou geensins 'n gevaar vir mense in nie. Dit kom voor onder vlak- en bosvarke asook wilde varke en versprei dan. Varke kan dit opdoen as hulle in aanranking is met ander besmette varke of rondbeweeg in plekke waar daar siek varke was. Afrika-varkpes kan ook versprei word deur kombuisafval, vullis en skottelgoedwater wat ingeneem word, wat in aanraking was met vleis van siek varke.

EN

Intussen sê Johann Kotzé uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse varkprodusente-organisasie, SAVPO, die Afrika-varkpes is endemies in  Suid-Afrika, en die plaaslike bedryf verstaan die impak daarvan en weet hoe om op te tree en dit te hanteer. Hy beklemtoon opnuut dat die Afrika-varkpes slegs varke raak en nie 'n uitwerking op mense het nie. Hy sê die enigste impak daarvan is die feit dat 'n waardevolle proteïene produk nie in die mark beskikbaar is nie.




OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.