On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Departement sonder varke af weens pes

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:47 Mon, 11 May 2020

Landbounuus-podcast: Departement sonder varke af weens pes | News Article

Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se veeartsenykundige dienste is werksaam in die Amathole-distrik in die Oos-Kaap, waar die Afrika-varkpes in vyf kleiner landelike dorpies uitgebreek het.


Reggie Ngcobo, woordvoerder van die departement, sê 50 varke het reeds gevrek. Beheermaatreëls word nou toegepas om oorblywende varke in kuddes van besmette varke te isoleer. Hy sê daarmee saam is staatsveeartse ook hard aan die werk om bewustheid onder die eienaars van varke te kweek. Hy sê die departement gaan voort met sy bewusmakingsveldtog onder die varkeienaars in die dorpies en beklemtoon veral dat hulle hul varke nie moet beweeg nie en in afsondering moet hou. Ngcobo sê die department se veeartsenykunde dienste is ook in die proses om vas te stel of daar nog vrektes van varke was bo-en behalwe die 50 wat reeds gevrek het. In die stadium oorweeg die departement nie beheerde slagtings nie. 

Die Suid-Afrikaanse varkprodusente-organisasie, SAVPO, sê daar is op kommersiële vlak eienaarskap geneem ten opsigte van die bestuur van goeie biosekuriteitsmaatreëls. Johann Kotzé, uitvoerende hoof van SAVPO sê dit behels die toepassing van streng sekuriteitsmaatreëls deur produsente op plase in die vorm van kompartimentalisering. Die bedryf het ook die Pork 360 gehalteversekeringstelsel in plek. Kotzé sê kleinboere is van groot belang vir dié organisasie ten opsigte van biosekuriteitsmaatreëls, omdat hulle in landelike gebiede 'n groot rol speel ten opsigte van die verskaffing van varkvleis as 'n waardevolle proteïen, al is daar uitdagings in dié verband.

EN

Daar is toekomstige onsekerheid oor die Covid-19-pandemie, maar ondanks dít behoort die uitvoerbeperkings op landbouprodukte nie 'n beleid te wees wat deur lande ingestel word nie. Dit is volgens Wandile Sihlobo, 'n landbou-ekonoom van die Landbousakekamer, Agbiz, wat meen dit is nie nodig nie, want daar is genoeg beskikbare voorrade veral in die graanmark vanaf die 2019/20-seisoen.  Daarmee saam beloof die 2020/21-produksieseisoen om nog beter te wees. Hy sê  logistieke kwessies moet egter deurlopend gemonitor word. Dit is spesifiek die geval vir die skeepvaartbedryf wat geraak word deur Covid-19-inperkings wat 'n invloed het op dié bedryf, maar tot nou was daar nog nie veel probleme in die bedryf nie, en 'n mens kan verwag dat toestande sal verbeter omdat verskeie lande, insluitend Suid-Afrika, sy ekonomie stadig heropen.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.