Agriculture
Landbounuus-podcast: Aktekantore heropen─── 11:18 Tue, 12 May 2020
Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het die opening van aktekantore regoor die land môre aangekondig.
Alle dienste sal beskikbaar wees en alle indiening van vorms sal aanvaar word. Luidens 'n verklaring wat deur die departement uitgereik is, sal lede van die publiek en klerke egter nie in die geboue toegelaat word nie - slegs aktebesorgers sal toegelaat word om geboue en kantore binne te gaan, maar hul konsultasies sal deur afsprake beheer word. Die kantoor van die Hoofregistrateur sal alle kennisgewings vir aansoeke vir afskrifte van verlore aktes op DeedsWeb vir openbare inspeksie laai. Inligting sal op DeedsWeb en via e-pos aan die publiek beskikbaar gestel word. Die Hoofregistrateur van Aktes het 'n kennisgewing uitgereik dat geen skuld op die Aktekantoorrekening enige rente sal dra tydens die nasionale inperking nie. Vlak vier inperkingregulasies vereis dat die departement die nodige gesondheidsmaatreëls in plek stel om weksaamhede by kantore vlot te laat verloop.
EN
Dr Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom by die Universiteit van die Vrystaat, het met OFM-nuus gesels oor die verhouding tussen die produsent en die verbruiker. Daar is toenemend ‘n beroep op sosiale media dat produsente en verbruikers nader aan mekaar moet beweeg en die sogenaamde middelman moet uitsny. Maré verduidelik wat die moontlike probleme is wat kan ontstaan.
OFM-nuus
