Agriculture
Landbounuus-podcast: Bek-en-klouseer toetse byna voltooi─── CHRISTAL-LIZE MULLER 16:53 Wed, 13 May 2020
Goeie vordering word gemaak in die Molemole munisipale distrik in Limpopo nadat bek-en-klouseer laat verlede jaar in dié distrik uitgebreek het.
Reggie Ngcobo, woordvoerder van die departement, sê dié uitbreking word gekoppel aan vier veilings wat in September en Oktober verlede jaar in dié gebied plaasgevind het. Ngcobo sê toetse wat gedoen is by dié primêre liggings is byna voltooi en 'n aantal sekondêre liggings is ook vir opvolgtoetsing uitgewys. Kwarantynmaatreëls is reeds op 127 van dié liggings opgehef, wat sedertdien negatief getoets het. Sedert die begin van dié uitbraak in November 2019, is 19 liggings geïdentifiseer waarop diere positief vir bek-en-klouseer getoets het. Hy sê die laaste positiewe geval by 'n ligging is in Februarie by die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (OIE) aangemeld. Geen nuwe liggings waarop beeste positief getoets het, is intussen geïdentifiseer nie. Kwarantyn is op drie plekke opgehef, met 16 eiendomme wat onder kwarantyn bly. Hy sê die departement se veeartsenykundige dienste skakel steeds met die betrokke boere om hulle in staat te stel om die beeste uit kwarantynvoerkrale by slagplase wat spesifiek daarvoor goedgekeur is, te slag.
Alles word nou in die stryd gewerp om te verhoed dat Afrika-varkpes nie verder versprei in die Amathole-distriksmunisipaliteit nie, nadat dié siekte in vyf kleiner dorpies onder varkkuddes bevestig is. Daar is reeds 50 varke geslag. Agri SA en sy geaffilieerde lede, Agri Oos-Kaap en die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasies (SAVPO), het onderneem om nou saam met die regering te werk om te verseker dat die siekte nie verder versprei nie, omdat bewegingsbeheer en biosekuriteit tussen varkkuddes in dié kommunale gebied 'n groot uitdaging is. Verder word daar onderneem om te verseker dat die uitbraak van Varkgriep (ASF) in die Amathole Distriksmunisipaliteit nie versprei nie en dat dit so goed as moontlik hanteer word in belang van kommersiële sowel as kleinskaalse varkboere. Janse Rabie, hoof van natuurlike hulpbronne by Agri SA, sê die nodige strukture en kommunikasiekanale met die regering sowel as landelike gemeenskappe, is in plek.
EN
Intussen sê Johann Kotzé, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie, SAVPO, plaaslike kleinboere wat met varke boer volg goeie praktyke ten opsigte van die toepassing van biosekuritiet. Hy sê al is dié praktyke nie op dieselfde standaard ten opsigte van infrastruktuur nie, kan dié boere steeds gesonde varke lewer, omdat die bedryf in staat is om homself te midde van dieresiektes soos Afrika-varkpes te kan bestuur. Dit sluit nie slegs die kommersiële bedryf nie, maar ook kleinboere in. Kotzé sê daar is bestaande mentorskapprogramme vir 70 kleinboere in die land en SAVPO volg die veronderstelling dat dié boere nie op dieselfde valk as die land se top boere kan wees nie, daarom word hulle ondersteun op grond van hul bestaande boerderye. Hy sê kleinboere word bewus gemaak van die basiese maatreëls ten opsigte van biosekuriteit en die suksesvolle toepassing daarvan. Dit sluit onder meer in om hande te was en in 'n ontsmettingsmiddel te trap voordat mense by varkkuddes kom. Skoon klere moet ook aangetrek word.
OFM-Nuus
