On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Departement sê dié week oor oorblywende #Covid19-hulpfonds aansoeke

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:00 Mon, 18 May 2020

Landbounuus-podcast: Departement sê dié week oor oorblywende #Covid19-hulpfonds aansoeke | News Article

Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling sal na verwagting vandeesweek 'n besluit neem oor oorblywende aansoeke vir sy Covid-19-landbourampfonds ter waarde van R1,2 miljard.


Dié fonds is hoofsaaklik op kleinboere en kommunale boere gemik. Die uitreiking van koopbewyse aan goedgekeurde kandidate sal na verwagting Dinsdag begin.  Landbouminister, Thoko Didiza, het aangekondig meer as 55 100 aansoeke is ontvang sedert die aansoekproses op 8 April geopen het. Sy sê 33 000 aansoekvorms is deur die departement se provinsiale en distrikskantore en kommoditeits- en burgerlike organisasies versprei.  Die Oos-Kaap het die meeste aansoeke ontvang, gevolg deur die Noord-Kaap en Noordwes. Altesaam meer as 15 000 aansoeke ter waarde van meer as R500 miljoen is goedgekeur.  Van dié goedgekeurde aansoeke is meer as 5 400 vroue. Meer as 2 400 is jeugdiges en meer as 220 aansoeke is deur mense met gestremdhede. Meer as 9 500 aansoeke wat ontvang is, is vanaf mans.  Die goedgekeurde boere sal insette ontvang in ooreenstemming met die grootte van hul boerderybedrywe tot 'n maksimum van R50 000. 'n Verdere R400 miljoen sal aan boere gekanaliseer word in die Pro-aktiewe Grondverkrygingstrategie. Dit is reeds goedgekeur deur die Stimulus-pakkette.

Dit is belangrik vir gemeenskappe in die droogtegeteisterde Noord-Kaap om geestelik sowel as emosioneel versterk te word om deur die rampdroogte, wat verder bemoeilik word deur die Covid-19-pandemie, te kom en staande te bly. Dit is juis daarom dat die NK-kerk Noord-Kaapland, in samewerking met Agri-Noord-Kaap en Caritas-gemeenskapfokus, hande vat om boere op alle vlakke te ondersteun. Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, moedig mense aan, wat emosioneel en geestelik swaarkry, om van die Caritas-gemeenskapfokus se 24-uur noodnommer gebruik te maak. Jansen sê daarmee saam gaan Agri Noord-Kaap onverpoos voort om tot die beste van sy vermoë geld in te samel sodat droogtehulp verleen kan word aan boere in die Noord-Kaap, wat as 'n rampgebied verklaar is. Jansen sê dié organisasie is grootliks afhanklik van skenkings en donasies deur die private sektor, soos banke, landboubesighede en ander weldoeners en daarom is dit moeilik om te verstaan waarom die regering 'n koue skouer gee aan boere ten opsigte van wetgewing wat betrekking het op sy eie verklaring van 'n nasionale droogteramp.

EN

Die veerkragtigheid van die landboubedryf oor die wêreld heen sal getoets word, siende die Covid-19-pandemie die aanbod en die vraag van die wêreldekonomie raak en dit is in die stadium onduidelik hoe lande se voedselwaardesisteem onder die druk van dié pandemie kan funksioneer.  Wandile Sihlobo, 'n landbou-ekonoom van die Landbousakekamer, Agbiz, sê indien die wêreldekonomie nie vinnig onder die druk van 'n nuwe infeksiegolf terugkeer na vorige vlakke nie, wat lei tot 'n baie stadiger opening van die ekonomie, kan huishoudelike inkomste en kooppatrone op die kort- en mediumtermyn verander. Dit kan negatiewe gevolge vir die voedselbedryf inhou. Hy sê dit is daarom van kardinale belang vir lande soos Suid-Afrika, wat met sowat 49% van produkte in waarde wat uitgevoer word, uitvoergerig is. Suid-Afrika se hoë waarde uitvoerprodukte is hoofsaaklik vrugte, wyn en beesvleis. Dit is hoofsaaklik bedoel vir die Europese Unie (EU) en Asiatiese mark, wat in 2019 vir bykans 10 miljard Amerikaanse-dollar verantwoordelik was.

OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.