On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: NK-landboubedryf trek swaar

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:17 Tue, 19 May 2020

Landbounuus-podcast: NK-landboubedryf trek swaar | News Article
Foto: Gallo

Die landboubedryf in die droogtegeteisterde Noord-Kaap is steeds grootliks afhanklik van droogtehulp in die vorm van skenkings deur weldoeners, organisasies, banke en maatskappye.


Dit is daarom moeilik om te aanvaar dat die regering 'n koue skouer gee vir hulp nadat hy self 'n nasionale rampverklaring weens die droogtetoestande aangekondig het.  Dit is volgens Agri Noord-Kaap se president Nicol Jansen, wat sê die regering gee geen uiting aan die rampbestuurswetgewing ten opsigte van rampdroogte nie, en boere lei daaronder. Hy sê daarmee saam verleen die regering Covid-19-hulp ter waarde van R1,2 miljard aan kleinboere en kommunale boere, terwyl alle boere geldelik weens die uitwerking van die voortslepende droogte in die knyp is.  

EN

Die gemeenskap van Trompsburg  in die Vrystaat weet hoe om saam te staan in uitdagende omstandighede. Besighede asook die landbougemeenskap, wat self in 'n mate swaartrek en deur die nasionale staat van inperking weens die Covid-19-pandemie geknou word, het steeds vrygewige harte om ruim skenkings aan behoeftige mense te doen. 'n Voorbeeld hiervan is die Trompsburg Primêre Skool se WhatsApp-veiling om geld in te samel vir dié skool, wat baie goed afgeloop het. 'n Wins van sowat R90 000 is behaal. Wild, karkasse en jagpakkette is deur boere vir dié veiling geskenk. Die skoolhoof, Louwrens Strydom, sê daar is groot nood in Trompsburg, maar mense se welwillendheid is opmerklik.





OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.