On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Lesse geleer uit #Covid19-hulpfonds toekenning

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:51 Tue, 19 May 2020

Landbounuus-podcast: Lesse geleer uit #Covid19-hulpfonds toekenning | News Article

Landbouminister, Thoko Didiza, het benadruk dat daar talle lesse geleer is uit die departement se beskikbaarstelling van R1,2 miljard as deel van sy Covid-19-landbourampfonds, hoofsaaklik gemik om hulp aan kleinboere en kommunale boere te verleen.


Die prossessering van meer as 55 100 aansoeke wat ontvang is, is reeds afgehandel. Van die totale aansoeke wat ontvang is, is meer as 15 000 goedgekeur.  Volgens Didiza sal 'n besluit oor die oorblywende aansoeke vandeesweek gefinaliseer word. Dié hulp word aan boere  beskikbaar gestel in die vorm van 'n koopbewysstelsel, wat in ooreenstemming is met die grootte van hul boerderybedrywe tot 'n maksimum van R50 000. Dié verspreiding van die koopbewyse het reeds vandeesweek begin. Didiza sê daar is ruimte vir verbetering, veral ten opsigte van 'n gebrek aan behoorlike dokumentasie  tydens die aansoekproses en probleme wat deur boere ondervind is om aansoekdokumente in te dien.

Daar word in spanning gewag op die regering se aankondiging oor 'n tweede fase van die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike ontwikkeling se Covid-19-hulp. Die organisasie vir familieboerderye, Saai, se uitvoerende hoof Francois Rossouw sê daar moet egter meer uitklaring wees oor sekere aspekte in die eerste fase van dié rampfonds van R1,2 miljard. Hy sê daar was gebrekke met die eerste proses ten opsigte van dié Covid-19-rampfonds wat kommer wek. Dit sluit onder meer in dat daar aanvanklik deur die regering aangedui is dat  6% van dié geld aan mense met gebrekke toegewys sou word, maar daar kon nêrens op die aansoekvorms aangedui word wat 'n aansoeker se gebrek is nie. 

EN

Intussen sê die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie, SAVPO, daar is steeds verwarring onder mense oor die verskil tussen die Afrika-varkpes en varkgriep. Dr. Peter Evans, verantwoordelik vir  verbruikersversekering oor veeartsenykundige aangeleenthede by dié organisasie, sê Afrika-varkpes kom slegs by varke en verskeie wilde varkrasse, soos vlakvarke, voor. Dit word veroorsaak deur 'n DNS-virus en beïnvloed geensins die mens nie. Varkgriep, aan die ander kant, word deur 'n genetiese materiaal, RNA, veroorsaak en kan baie verskillende soogdiere, voëls en die mens raak. Klassieke varkgriep by varke word veroorsaak deur 'n subtipe van die griepvirus H1N1. Evans beklemtoon dat varkgriep nie via vleis versprei word nie. Dit kom nadat daar onlangs in die Oos-Kaap in landelike gebiede 'n uitbreking onder varke in kleiner dorpies aangemeld is. Altesaam 50 varke het reeds gevrek.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.