Agriculture
Landbounuus-podcast: Agri SA verwelkom beperkte waterverhogings─── CHRISTAL-LIZE MULLER 11:23 Wed, 20 May 2020
Agri SA het die beperkte verhogings in die voorgestelde rouwaterkoste vir die besproeiingsektor vir die 2020/21 finansiële jaar verwelkom.
Rouwatertariewe is amptelik deur die Departement van Water en Sanitasie gepubliseer. Janse Rabie, hoof van natuurlike hulpbronne by Agri SA, sê dit kom nadat dié organisasie gevra het dat die voorgestelde styging in waterhulpbron-infrastruktuurkoste tot 16,5% beperk moet word. Dit kom neer op 10% plus die produsente prysindeks, of PPI, eerder as die aanvanklike voorgestelde stygings van tot 50% in sekere gebiede. Hy sê Agri SA het die voorgestelde toename in waterhulpbronbestuurskoste van 6,5% vir alle waterbestuursgebiede aanvaar (met die uitsondering van die Oranje-bestuursgebied waar ‘n toename van 15,66% ingevolge die Nasionale Waterprysingstrategie voorgestel is. Dié voorstel is deur die regering aanvaar en het verlede week in werking getree. Daarmee saam sal Agri SA voortgaan om met die regering te onderhandel en verhoudings te versterk om sodoende te verseker dat water bekostigbaar bly, terwyl die bestuur en regulering daarvan verbeter word. Dit, in 'n poging om gehalte waterlewering in die land te bevorder om voedselsekerheid en ekonomiese groei plaaslik te handhaaf.
EN
Zoetis, 'n toonaangewende multinasionale dieregesondheidsonderneming, bou op meer as 65 jaar se ervaring in dieregesondheid en is 'n leier op die gebied van navorsing van medisyne, entstowwe en diagnostiese produkte. Dit word ontwikkel, vervaardig en versprei en bied aan onder meer veeartse die nodige hulpbronne om die beste gehalte versorging en ondersteuning ten opsigte van troeteldiere se gesondheid, te verskaf. Dr. Liza le Roux, 'n tegniese bestuurder by dié onderneming, sê hulle is passievol oor diere asook die veilige en doeltreffende beskikbaarstelling van 'n wye reeks produkte as voorkomingsmaatreël. Sy sê daar is 'n verskuiwing deur farmaseutiese maatskappye en veeartse om nou voorkomende geneeskunde toe te pas. Dit is makliker en meer kostedoeltreffend om siektes te voorkom eerder as om dit te behandel. Le Roux sê troeteldiere, honde, katte asook perde, en die mens se leefwyse is met mekaar verweef. Daarom fokus Zoetis op gesondheidsoplossings in dieregesondheid, wat onder meer genetika vir die bepaling en voorspelling van eienskappe van produksiediere , voorkomingsgeneeskunde, en behandeling van siektes insluit. Vir meer inligting en die volledige onderhoud oor beskikbare Zoetis-produkte besoek http://www.ofm.co.za, kliek op Agriculture en The Agri-Hour.
OFM-nuus
