On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Nersa se goedkeuring van hoër kragpryse stel VL teleur

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:52 Wed, 20 May 2020

Landbounuus-podcast: Nersa se goedkeuring van hoër kragpryse stel VL teleur | News Article

Vrystaat Landbou (VL) het sy teleurstelling uitgespreek in die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika, Nersa, wat die nasionale kragvoorsiener, Eskom, se prysverhogings goedgekeur het.


Francois Wilken, president van VL, sê dié organisasie doen al etlike jare voorleggings en rig vertoë in openbare verhore van Nersa om sy afkeur in die verhoging van tariewe wat bo inflasie strek, aan te dui. Hiermee laat Nersa toe dat Eskom R13,3 miljard oordra van die R27,3 miljard aan verliese wat in die vorige boekjaar gelei is. Hy sê dit is nou uiters belangrik dat landbou volhoubaar moet wees, veral om die voedselwaardeketting in stand te hou en elektrisiteit is 'n groot uitgawe vir  boere in besproeiing en intensiewe boerderye.  Hy sê die oplossing is dat uitstaande skuld op munisipale vlak ingewin moet word. Hy sê hernubare energiebronne is meer kostedoeltreffend, maar weens die burokratiese rompslomp wat betref die gebruik daarvan en die koste daaraan verbonde om met die netwerk te verbind, word die proses belemmer.

Agri SA het 'n belangrike rol gespeel ten opsigte van verhogings in die voorgestelde rouwaterkoste vir die besproeiingsektor vir die 2020/21 finansiële jaar. Dié rouwatertariewe is verlede week amptelik deur die Departement van Water en Sanitasie gepubliseer. Wayman Kritzinger, voorsitter van AgriSA se komitee vir natuurlike hulpbronne, sê dié organisasie het verlede jaar tydens 'n sektor-spesifieke konsultasie gevra dat die voorgestelde styging in waterhulpbron-infrastruktuurkoste tot 16,5% beperk word, en nie 'n 50%-styging insluit soos wat aanvanklik voorgestel is nie. Hy sê die inflasie verhoging dra by dat daar 'n styging van 16,5% maksimum op water sal wees. Dit kom op die regte tyd vir dielandboubedryf, omdat insetkoste dramaties gaan toeneem  weens die verswakking van die rand weens die Covid-19-pandemie. Volgens hom gaan die beperkte tariefverhogings dienegatiewe impak op landbou verlig. 

EN

Die eerste rondte van die vierde sybokhaarveiling van die 2020-somerseisoen in Port-Elizabeth, het ondanks alle vrese oor die Covid-19-pandemie en die impak van die nasionale inperkingstydperk, goed verloop. Daar was goeie kompetisie tussen plaaslike verwerkers vir al die tipes sybokhaar. Vergeleke die vorige veiling het kleinbokkies tussen 1 en 3,5% gedaal, jongbokke is 4,5% laer en grootbokke se prys is 5,5% laer. Etienne Bezuidenhout, bestuurder van Sybokhaar by OVK, sê  daar was 'n duidelike aanvraag na fyner tipes sybokhaar. Die volgende veiling vind op 2 Junie plaas.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.