On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: AfriForum pols Minister oor verlenging van amnestietydperk

───   11:18 Thu, 21 May 2020

Landbounuus-podcast: AfriForum pols Minister oor verlenging van amnestietydperk  | News Article
Police Minister Bheki Cele

AfriForum se regspan het vandag wéér ’n skrywe aan Bheki Cele, die Minister van Polisie, gerig om navraag te doen oor die moontlike verlenging van die vuurwapen-amnestietydperk.


Dít volg nadat AfriForum ook op 25 en 30 Maart 2020 skrywes aan Cele en genl. Khehla Sithole, nasionale polisiekommissaris, gerig het waarin die organisasie sy kommer uitgespreek het oor die feit dat vuurwapeneienaars nie tydens vlak 5 van inperking van die amnestietydperk gebruik kon maak nie. Cele het egter op 22 April 2020 in ’n skrywe aan AfriForum gesê hy oorweeg om die parlement vir ’n verlenging van die amnestieperiode te nader. Lt.genl. Moeketsi David Sempe het dit kort daarna in ’n direktief bevestig. Die amnestietydperk is op 27 Oktober 2019 aangekondig en strek vanaf 1 Desember 2019 tot 31 Mei 2020. Vuurwapeneienaars wat in besit van ongelisensieerde vuurwapens is, word onder meer in dié tyd die geleentheid gegun om die vuurwapens by hul naaste polisiekantoor in te handig sonder dat hulle daarvoor vervolg word.


EN

‘n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, bespreek weekliks op 'n Donderdag die veilingspryse wat op lewende hawe veilings behaal is. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Vandeesweek het speenkalwers onder 200kg teen R31,77 per kg verkoop, speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R 30,31 en speenkalwers oor 250kg het teen R28,85 per kg verkoop.

Skape:
Stoorlammers      - R36,50 per kg
Slaglammers       - R32,35 per kg
Stoorskape        - R25,12 per kg
Vetskape          - R27,88 per kg

Bokke:
Lammers           - R36,55 per kg
Ooie              - R28,35 per kg




OFM-nuus/Christal-Lize Muller

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.