On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Damme se lae watervlakke wek kommer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:38 Thu, 21 May 2020

Landbounuus-podcast: Damme se lae watervlakke wek kommer | News Article

Lae watervlakke in die Geïntegreerde Vaalrivier-sisteem is 'n bron van kommer.


Dit, veral in die lig daarvan dat die grootste deel van gebiede in somerreënvalstreke is en die winterseisoen voor die deur lê. Die Departement van Water en Sanitasie se woordvoerder, Sputnik Ratau, sê die Vaaldam se vlak neem weekliks geleidelik af, en op dié trant gaan die dam se vlak binnekort ver onder die 50%-merk wees. Hy sê dit is veral  kommerwekkend dat dié dam in dieselfde week verlede jaar 72,2% vol was en nou slegs 50,6% vol is. Hy sê ander damme langs die Vaaldam in die Vaalrivier se waterstelsels, soos die Grootdraai- en Sterkfontein-damme, het vandeesweek ook 'n daling getoon en is onderskeidelik 89% en 93,4% vol. Die Katse- en Mohale-damme in Lesotho se vlakke het ook gedaal.

Boere wat met voëls boer, sukkel in dié stadium met die uitvoer daarvan. Die netwerk vir familieboerderye, Saai, se uitvoerende hoof, Francois Rossouw, sê word die mark toegelaat om met bedrywighede voort te gaan tydens die Covid-19-inperkingsregulasies, is daar steeds probleme in die waardeketting, veral ten opsigte van die sertifisering vir die uitvoer van voëls. Rossouw sê daar is tans 40 duisend boere oor die land heen wat met papegaaie en ander eksotiese voëls boer. Dit hou gesondheidsrisiko's in vir die voëls wat in kwarantyn in hokke op plase aangehou word, wat 'n vereiste is voordat hulle uitgevoer kan word. Rossouw sê Saai wag nou op terugvoer van die betrokke regeringsdepartemente in dié verband.

EN

Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het saam met die  wêreld se tuinbougemeenskap en byeboere Wêreldbyedag gevier. Woordvoerder van die departement, Reggie Ngcobo, sê met dié vieringe Woensdag is daar erkenning gegee aan die rol van heuningbye in die landboubedryf en die voordeel daarvan vir die mensdom. Die kritieke rol wat alle byeboere in landbouproduksie speel, word ook erken, want die voortbestaan van die landboubedryf en die mensdom is veral afhanklik van heuningbye deur gewasbestuiwing. Hy sê die voortslepende droogte van die afgelope jare in provinsies, asook veldbrande in die Wes-Kaap, het die beskikbaarheid van buite-seisoen bye en swerms, wat uit die natuur geoes is, aansienlik beïnvloed.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.