Agriculture
Landbounuus-podcast: Boere sukkel met uitvoer van voëls─── CHRISTAL-LIZE MULLER 11:18 Fri, 22 May 2020

Die netwerk vir familieboerderye, Saai, se uitvoerende hoof, Francois Rossouw, sê daar is 40 000 boere in die land wat met eksotiese voëls boer en nou onder geldelike druk verkeer omdat voëls wat vir uitvoer bestem is steeds in kwarantyn is.
Dit hou 'n gesondheidsrisko in en lei tot geldelike verliese omdat beamptes nie die kwarantyn sertifiseer nie. Hy sê Saai het ook duidelikheid verskaf oor die bestaande regulasies ten opsigte van perde wat oefening moet inkry vir hul eie gesondheid.
EN
Wayman Kritzinger, voorsitter van Agri SA se komitee vir natuurlike hulpbronne, sê Agri SA neem jaarliks deel aan 'n prysstrategie en 'n landbousektor-vergadering waarin daar met die betrokke departement onderhandel word vir die bekostigbare en laagste prysstyging vir landbou-watertariewe. Kritzinger meen watertariewe in Suid-Afrika met betrekking tot landbou is nog billik en Agri SA het 'n beperking van 16,5% voorgestel in plaas van die aanvanklike voorgestelde stygings van tot 50% in sekere gebiede. Die toename in waterhulpbronbestuurskoste is vir alle waterbestuursgebiede aanvaar, met die Oranje-bestuursgebied waar 'n toename van 15,66% voorgestel is ingevolge die nasionale watersprysingstrategie.
OFM-nuus