On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: SA-wolmark toon afname

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:10 Fri, 22 May 2020

Landbounuus-podcast: SA-wolmark toon afname | News Article

Die Suid-Afrikaanse wolmark het op die 27ste veiling van die 2019/20-wolseisoen in Port-Elizabeth 'n afname getoon teenoor die vorige veiling.


Cape Wools SA sê in sy weeklikse wolmarkverslag meer as 7 700 bale is aangebied. Daarvan is 77,7% verkoop. Die mark het met 3,1% verswak teen 'n waarde van R145,03 per kg. Daarmee saam het die Australiese EMI met 2,0% afgeneem. Die Rand het 1,8% sterker teenoor die Amerikaanse Dollar, en 0,8% sterker teenoor die Euro verhandel. Luidens dié verslag het alle koperhuise aktief meegeding ondanks moeilike markomstandighede. 'n Afname in die Australiese wolmark het verdere druk op die plaaslike mark geplaas weens die versterking van die Rand teenoor die Amerikaanse Dollar. Die aanbod het hoofsaaklik uit medium lengte wol bestaan. Lang fynwol het weer beter vertoon, terwyl oorsterk en kort wol die meeste afwaartse druk ondervind het.

Intussen sê Heindrich Victor,bestuurder van veselbemarking en spesiale dienste by OVK, die hoeveelheid wol wat vandeesweek tydens die nasionale wolveiling in Port Elizabeth by makelaars se pakhuise ontvang is, was 1,25% laer as die ooreenstemmende tydperk van die vorige seisoen. Hy meen vertraagde skeertye deur produsente  kan 'n bydraende faktor tot dié situasie wees. Daar is ook nie van OVK se kant af 'n tekort aan skeerders nie. Hy meen die nadraai van die langdurige droogte wat nog vir 'n geruime tyd 'n negateiwe invloed op wolproduksie sal hê, het die grootste impak op die afname op die hoeveelheid wol wat ontvang is. Victor sê daarom is biosekuriteit van groot belang en boere moet steeds daarop fokus. 

EN

Vrystaat Landbou se president, Francois Wilken, sê veeboere is verlig oor die prys van lewende hawe wat 'n verbetering toon. Hy sê dit is goeie nuus dat die prys van skape en stoorlammers 'n styging toon, terwyl die prys van speenkalwers nog kan verbeter.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.