On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Droogte se impak raak wolaanbod

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:32 Mon, 25 May 2020

Landbounuus-podcast: Droogte se impak raak wolaanbod | News Article

Heindrich Victor, bestuurder van veselbemarking en spesiale dienste by OVK, meen die droogte van die vorige seisoen, wat selfs al vir etlike jare voortduur, se impak is groot en dit kan tot selfs vyf seisoene neem om te herstel.


Skaapkuddes is uitgedun weens die droogte en produsente het slegs kernkuddes oor, so dit gaan tyd neem vir volumes om weer toe te neem.  Victor meen boere het hulle skeertye op hul plase aangeskuif weens die inperkingsperiode en dit kan ook 'n bydraende faktor wees tot die afname in die aanbod van wol.

EN

Vrystaat Landbou (VL) het sy teleurstelling uitgespreek in die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika, Nersa, wat die nasionale kragvoorsiener, Eskom, se prysverhogings goedgekeur het. Francois Wilken, president van VL, sê dié organisasie doen al etlike jare voorleggings en rig vertoë in openbare verhore van Nersa om die verhoging van tariewe, wat bo inflasie strek, teen te staan. Dit kom nadat Nersa nou goedgekeur het dat Eskom sy verlies van die 2018/19-boekjaar kan verhaal deur tariewe vir die volgende boekjaar by te voeg. Dit kom neer op 'n verhoging van 6,5%. Wilken sê dit kom nou op 'n slegte tydstip vir die landboubedryf.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.