On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Minister verwelkom landbouskenkings

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:23 Mon, 25 May 2020

Landbounuus-podcast: Minister verwelkom landbouskenkings | News Article
Thoko Didiza PHOTO: Bloemfontein Courant

Die minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, verwelkom skenkings van kospakkies, ontsmettingsmiddels en maskers deur individuele boere, landbou-organisasies en landboubesighede.


Skenkings word ook deur sakeondernemings gedoen.  Reggie Ngcobo, woordvoerder van die departement, sê Golden Hares, die African Farmer's Association of South Africa, Afasa, Bitter Fence en Onderstepoort Biologiese Produkte, OBP, se bydraes toon ware solidariteit as deel van die karakter van die Suid-Afrikaanse samelewing. Ngcobo sê volgens Didiza is die ingryping van die regering in samewerking met organisasies en gemeenskappe om voedselsekerheid te verseker 'n klinkklare bewys van gemeenskappe wat omgee.

Steeds by hulp aan gemeenskappe in nood... Senwes het sy Agri Value Chain Food Umbrella-projek bekendgestel. Francois Strydom,  Senwes-groep uitvoerende beampte, sê dié agri-besigheid besef eerstehands die nood waarin talle gemeenskappe in Suid-Afrika verkeer. Die vlak van armoede is oorweldigend. Hy sê juis daarom wil Senwes, wat in die voedsel- en waardeketting is, hulp verleen en die projek is juis daarom van stapel gestuur.  Strydom sê boere kan vrywillige skenkings aan dié  Agri Value Chain Food Umbrella-projek doen. Dit sluit die produkte van hul keuse in, hetsy dit mielies of vleis is.  Dit word dan versprei aan behoeftiges. Besoek Senwes se webtuiste vir meer inligting.

EN

Vrystaat Landbou (VL) en sy lede in onderskeie landbouverenigings oor die land heen, in samewerking met landboubesighede, voorsien hulp op grondvlak aan mense wat in kosnood verkeer in onderskeie gemeenskappe weens die Covid-19-pandemie.  Dit is volgens Francois Wilken, president van VL,  wat meen dié organisasie  spreek behoeftes van gemeenskappe aan waar moontlik. Hy sê Vrystaat Landbou poog ook om 'n plan in werking te stel binne die komende paar maande om die landboubedryf meer betrokke by die bemarking van produkte te kry. Dit is egter nie altyd vir 'n produsent moontlik om op kleinskaal die bemarking van produkte te doen nie. Wilken sê dit moet georganiseerd plaasvind en hande vat met mense wat bemarkingsgerig is en dan ondersteuning te bied waar moontlik. 

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.