On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Senwes-projek lewer mieliemeel aan gemeenskappe

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:21 Tue, 26 May 2020

Landbounuus-podcast: Senwes-projek lewer mieliemeel aan gemeenskappe | News Article
Francois Strydom, Senwes-groep uitvoerende beampte/Foto: OFM-nuus

Senwes het met trots sy Agri Value Chain Food Umbrella-projek bekendgestel.


Francois Strydom, groep uitvoerende beampte, sê die vlak van armoede in die land is oorweldigend en betrokkenes in die waardeketting moet besef dat dié situasie 'n werklikheid is. Strydom meen Senwes wil nie met die projek spog nie, dit gaan oor die bekendstelling daarvan en om weldoeners betrokke te kry. Die waardeketting in Suid-Afrika is geweldig belangrik en daar moet gepoog word om soveel moontlik produkte plaaslik te produseer.  Die hele waardeketting, van die boer tot die verbruiker, moet die druk waaronder gemeenskappe verkeer ten opsigte van voedseltekorte verstaan. Senwes wil daarom 'n helpende hand verleen.

EN

Francois Wilken, president van VL, meen WhatsApp-groepe wat oor die land heen begin is waar verbruikers aangemoedig word om direk by boere produkte aan te koop, is 'n stap in die regte rigting om die ketting van die boer se plaashek tot by die  verbruiker te verkort. Voordeel kan sodoende daaruit getrek word, en die boer asook die verbruiker kan beter pryse ontvang omdat die ketting verkort word. Hy sê Vrystaat Landbou poog ook om 'n plan in aksie oor die komende paar maande in plek te stel om die landboubedryf meer betrokke  by die bemarking van produkte te kry.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.