On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Hef verbod op tabakprodukte in SA op, vra Agri SA

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:54 Tue, 26 May 2020

Landbounuus-podcast: Hef verbod op tabakprodukte in SA op, vra Agri SA | News Article

Die onwettige handel in tabakprodukte moet nou dringend aangespreek word en die regering moet die verbod op formele handel in tabakprodukte ophef.


Dit is volgens Agri SA se uitvoerende hoof, Omri van Zyl, wat meen ondersoek moet ook ingestel word en daar moet opgetree word teen die onwettige handel van dié produkte. Dit kom nadat onwettige handel in die verband aansienlik toegeneem het. Daarmee saam is verskeie mense al in hegtenis geneem in dié verband waarvan die mees onlangse voorval in die Vrystaat was. ‘n 39-jarige man is betrap toe hy onwettige sigarette ter waarde van R636 800 by Botshabelo buite Bloemfontein vervoer het. Van Zyl sê gevalle soos dié dui daarop dat die regering se besluit om 'n verbod te plaas op wettige tabakverkope weens die Covid-19-inperkingsmaatreëls nie die nodige gesondheids- en maatskaplike uitkoms het nie. Rokers koop ook nou op groot skaal onwettige sigarette, wat nie voldoen aan die bedryf en die regering se veiligheidstandaarde nie.

Daarmee saam meen TLU SA se president, Louis Meintjes, die Suid-Afrikaanse ekonomie het reeds baie seergekry. Talle besighede sal nie die verdere geldelike las kan dra om die verpligte higiëne maatreëls in plek te stel nie. Daarom gaan elke stukkie ekonomiese stimulasie vorentoe broodnodig wees. Meintjes sê daarom maak die volgehoue beperking op tabakprodukte nie sin nie.

EN

Koringproduksie oor die wêreld heen word bedreig deur droë weerstoestande. Wandile Sihlobo, 'n landbou-ekonoom van die Landbousakekamer, Agbiz, sê inherente onsekerheid oor weerstoestande bly 'n groot risiko vir dié produksie in Europa, Noord-Amerika en Suider-Afrika. Dit is die gevolgtrekking wat gemaak word weens toenemende berigte oor droër weerstoestande. Hy sê ontleders twyfel nou of die Amerikaanse Departement van Landbou (USDA) se verwagte goeie koring-opbrengste gaan materialiseer as dit nie genoeg gaan reën in dié land nie. Daarmee saam is Suid-Afrika die belangrikste koringprodusent in Suider-Afrika en aanplantings het verlede maand begin. Dit sal na verwagting tot teen Junie duur, wanneer die optimale plantvenster sluit. In Mei vanjaar was aanduidings dat tweederdes van die geskatte 495 000 hektaar vir die 2020/21-seisoen reeds aangeplant is, maar droogtetoestande in die Wes-Kaap het aanplantings ietwat vertraag en die beoogde hektaar onder koring vir dié seisoen kan 8% laer wees teenooor dié van die vorige seisoen.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.