Agriculture
Landbounuus-podcast: Regering besef rol van landbou - kenner─── CHRISTAL-LIZE MULLER 11:25 Wed, 27 May 2020
Die fokus op grondhervorming en meer spesifiek die onteiening van eiendom sonder vergoeding het ietwat afgeneem weens die Covid-19-pandemie in Suid-Afrika.
Dr. Piet Croucamp, 'n politieke ontleder aan die Noordwes-Universiteit (NWU), sê die ANC besef nou die noodsaaklike rol van landbou ten opsigte van voedselsekerheid, wat 'n positiewe veranderlike is.
EN
Heinrich Victor, bestuurder van veselbemarking en spesiale dienste by OVK, meen boere moet aandag skenk aan biosekuriteit, juis omdat Suid-Afrika eerstehandse ondervinding het oor die invloed van dieresiektes soos bek-en-klouseer en slenkdalkoors op die plaaslike wolmark. Daarmee saam voer Suid-Afrika 70% van sy rouwol na China uit. Dié land het streng vereistes waaraan voldoen moet word veral met betrekking tot gebiede wat steeds in die wurggreep van bek-en-klouseer is. Boere moet ingestel wees op biosekuriteit en dit moet op die voorgrond gestel word, sodat hulle weet waaroor dit gaan.
OFM-nuus
