On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Graanprodusente verwelkom reën

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:13 Wed, 27 May 2020

Landbounuus-podcast: Graanprodusente verwelkom reën | News Article

Wydverspreide reën in die Wes-Kaap word met ope arms deur wintergraanprodusente verwelkom.


Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, sê die reën het op ‘n kritieke tyd gekom met aanplantings wat bykans afgehandel is. Hy sê opvolgreën gaan nou deurslaggewend wees vir produsente om veral goeie koringoeste te lewer. Daarmee saam sê Strydom dié provinsie se ekstensiewe veegebiede het ook reën nodig, want talle produsente se oorleefvermoë hang af van baie goeie winterreënval. Graan-aanplantings is sowat 95% voltooi in die Kaapse-metropool. Volgens hom het die Swartland, wat ondergemiddelde oeste die afgelope vyf jaar gehad het weens ondergemiddelde reënval, ook goeie reën en bo-gemiddelde oeste nodig. Dit het Maandag 28mm in dié gebied gereën, waarin 95% van die graanaanplantings voltooi is. In die Rooi Karoo is 'n gemiddelde reënval van 12mm Maandag gemeet. Dit is goeie nuus vir dié boere wat reeds koring, lupine, hawer en kanola aangeplant het, terwyl  produsente in April weidings, kanola en gars en vandeesmaand koring aangeplant het. 'n Gemiddeld van 35mm reën is Maandag in dié gebied op plekke gemeet.

Intussen het die Suid-Afrikaanse Weerdiens ook aangedui gebiede in die droogtegeteisterde Noord-Kaap het ook Maandag enkele buie reën gehad het. Volgens die Bloemfonteinse weerkantoor is 26mm reën in Nieuwoudtville in dié provinsie gemeet. In Garies is 9mm reën en in Calvina, Hondeklipbaai, en Sutherland is 4mm reën onderskeidelik gemeet. Dit het ook in Sutherland gesneeu. Skakel Donderdagoggend in op The Good Morning Breakfast op OFM vanaf 06:00 tot 09:00 wanneer Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, soos oudergewoonte praat oor die jongste verwikkeling rondom die droogtesituasie in dié provinsie, veral ten opsigte van droogteramphulp. 

EN

Bibberweer begin van Donderdag af in gebiede in die sentrale binneland opklaar. Elani Heyneke 'n voorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, sê die koue weerstoestande is weens 'n koue front wat vanaf Dinsdag vanuit die suidwestelike deel van die land beweeg het. Sy sê geen sneeu het in die Oos-Vrystaat voorgekom nie, ondanks verskeie foto's wat sneeubedekte gebiede in Clarens en op die Lesotho-berge. Volgens haar was daar wel sneeu oor die hoogliggende dele van die Oos-Kaap by Barkley-Oos en by Sutherland. Heyneke sê Donderdagoggend sal temperature steeds laag wees vroegoggend, in die grootste gedeelte van die sentrale binneland, maar die kwik sal stelselmatig styg nader aan die naweek. Sy sê kouefronte soos dié is goeie nuus en bring hoop vir reën in droogtegeteisterde dele van die Noord-Kaap, dit ondanks die feit dat voorspellings daarop dui dat daar nie nog 'n koue front teen die naweek en volgende week deur die sentrale binneland gaan beweeg nie. Heyneke sê al styg die kwik in die grootste gedeelte van die binneland, gaan dit steeds koud wees in die oostelike en suidelike deel van die Vrystaat, met maksimum dagtemperature onder 18 grade Celsius. Koeler toestande tussen 18 en 25 grade Celsius word vir die res van die sentrale binneland voorspel met selfs warm toestande, wat oor die noordwestelike deel van die Noord-Kaap kan voorkom.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.