On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Die veemark is gesond, meen kenner

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:20 Thu, 28 May 2020

Landbounuus-podcast: Die veemark is gesond, meen kenner | News Article

Die prys van skape en lammers het in die afgelope paar weke 'n goeie toename getoon, wat verblydende nuus vir produsente is.


Dit is volgens Chris Derksen, 'n kenner in die veebydryf, wat weekliks op 'n Donderdag die veilingspryse vir lewende hawe aan OFM verskaf. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hy sê dié styging kan onder meer toegeskryf word aan produsente wat hul vee op mieliereste laat wei. Volgens hom is die mark gesond en die prys van lewende hawe toon 'n verbetering. Dit sluit in die prys van speenkalwers onder 200kg, wat teen R31,83 per kg verkoop is. Derksen sê speenkalwers tussen 200kg en 250kg het R30,54 en speenkalwers oor 250kg het R29,07 gegaan. Boklammers het gegaan vir R38,00 per kg en ooie vir R28,00 per kg.

EN

Elani Heyneke, 'n voorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens se Bloemfontein-kantoor, sê vanoggend se minimum temperature was steeds laag in die grootste gedeelte van die sentrale binneland, maar die kwik sal stelselmatig styg - met dagtemperature wat weer gaan styg nader aan die naweek. Bloemfontein asook Welkom in die Vrystaat se minimum temperature Dinsdagoggend was -5 grade Celsius. Die koudste in die sentrale binneland was Potchefstroom op -6. Dié temperature kom nog vanoggend voor, waarna die maksimum dagtemperature vanaf vanmiddag warmer word.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.