On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Mielieprodusente volstoom in die proses om te stroop

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:41 Thu, 28 May 2020

Landbounuus-podcast: Mielieprodusente volstoom in die proses om te stroop | News Article

Talle mielieprodusente in somergraangebiede in die sentrale binneland is volstoom in die proses om te stroop.


Daarmee saam is die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) se vierde produksieskatting vir somergewasse,  veral ten opsigte van mielies, gunstig. Volgens die NOK is die grootte van die verwagte kommersiële-mielieoes dié seisoen meer as 15,5 miljoen ton. Dit is sowat 2,42% meer as die vorige skatting en 38% groter as die vorige nasionale mielie-oes. Die NOK se verwagte opbrengs vir mielies is 5,97 ton per hektaar. Die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes gaan na verwagting 84% van dié mielieoes lewer. Die produksieskatting vir witmielies is meer as 9,07 miljoen ton, wat  sowat  8,7 miljoen ton meer as die vorige skatting is. Geelmielies staan op meer as 6,5 miljoen ton. Dit is 6,4 miljoen ton meer as die vorige skatting. 

Intussen sê 'n boer van die Schweizer-Reneke-distrik in Noordwes die oestyd verloop vir hom sover sonder rukke en stote. Joseph du Plessis van die Locklore-familieboerdery, wat uit gewasverbouing en uit 'n veevertakking bestaan,  sê dit was  ook 'n goeie seisoen ten opsigte van klimaatstoestande in dié distrik. Hy plant mielies, sojabone, sonneblom en katoen aan. Du Plessis sê dit het al middel November verlede jaar goed gereën en hulle kon toe met hul mielieaanplantings begin. Teen middel Desember was hul aanplantings reeds afgehandel. Hy sê hul gewasse is betyds aangeplant en met goeie reën deur die loop van die seisoen, wat goed verspreid en tydig  voorgekom het, lyk sy mielieoes goed. Hy stroop al die afgelope twee weke. Daar is wel enkele mielies met graadprobleme. Du Plessis sê daar is geen probleme met die vervoer van sy oes nie en goedkoper brandstofpryse help ook baie in dié tyd. Daar is wel kommer oor die beskikbaarheid van diesel.

EN

Daarmee saam het die Suid-Afrikaanse Brandstofbedryfvereniging (Sapia)  bevestig dat die tekort aan diesel in Suid-Afrika tot  teen die einde van die maand sal voortduur. Luidens 'n verklaring skryf dié vereniging die dieseltekort toe aan die Suid-Afrikaanse ekonomie,  wat met die oorgang van die vlak 5-inperking weens die Covid-19-pandemie na die vlak 4-inperking, vinniger as wat verwag is herstel het. Die vraag na diesel het toe drasties gestyg.  Onvoorsiene probleme by sommige raffinaderye het ook 'n bydrae  gelewer.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.