On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Senwes-onderhandelinge ver gevorderd

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:11 Fri, 29 May 2020

Landbounuus-podcast: Senwes-onderhandelinge ver gevorderd | News Article

Onderhandelings is ver gevorderd ten opsigte van 'n transaksie waarin die Agribesigheid, Senwes, 'n aanbod gemaak het aan Suidwes Landbou, om dié landbougroepe te kapitaliseer.


Francois Strydom, die Senwes-groep se uitvoerende beampte, sê dié aanbod is reeds gemaak aan die Suidwes-direksie en dié groep se aandeelhouers moet nou stem daaroor. Die uitslag van dié stemproses sal eers ná Suidwes se algemene jaarvergadering beend wees, wat in die proses is. Strydom sê daarmee saam sal dié transaksie ook in sy formaat aan regulatoriese owerhede aangebied moet word. Indien dié twee prosesse gunstig is, kan die transaksie eers beklink word. Hy sê daar is hoop dat dit wel nog vandeesmaand kan geskied as alles goed verloop. Senwes se doelwit is om groter doeltreffendheid aan Suidwes, met sy sentrale kantoor in Leeudoringstad in Noordwes, te verskaf. Daarmee saam poog Senwes om aan dié groep se bestaande kliënte die geleentheid te gee om onder normale toestande in Suidwes se bestaande operasionale gebied voort te gaan om van dié groep se dienste gebruik te maak.

Die organisasie vir familieboerderye, Saai, het daarin geslaag om die uitvoer van eksotiese voëls na buitelandse markte voort te laat gaan. Francois Rossouw, uitvoerende hoof, sê Saai se dringende hofaansoek is voor die Noord-Gautengse hooggeregshof gebring. Hy sê dié aansoek is ingedien hoewel die vlak 4 inperkingsregulasies van die Covid-19-pandemie die uitvoer van alle landbougoedere toegelaat het. Die betrokke owerhede het egter versuim om die nodige permitte en vereiste sertifkate uit te reik aan dié boere. Saai het hierdie verklarende bevel suksesvol bekom namens Schalk van Wyk, wat in die Nigel-gebied met papegaaie boer.

EN

TLU SA het 'n versoek aan pres. Cyril Ramaphosa gerig om 'n regterlike kommissie saam te stel wat die onwettige handel in sigarette en alle betrokkenes daarby te ondersoek. Louis Meintjes, president van dié organisasie, sê dit is in belang van die land en betrokkenes wat onder verdenking geplaas word dat 'n deurtastende ondersoek van stapel gestuur word en ongerymdhede in dié verband oopgevlek word. Dit kom nadat die handel van tabakprodukte steeds tydens vlak 3 van die Covid-19-inperkingsregulasies verbied word. Daarmee saam het die verkoop van tabakprodukte ook 'n reuse-invloed op tabakprodusente en betrokkenes in die hele waardeketting.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.