On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Nog uitbrekings van Afrika-varkpes

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:36 Mon, 01 Jun 2020

Landbounuus-podcast: Nog uitbrekings van Afrika-varkpes | News Article

Nog uitbrekings van Afrika-varkpes is onlangs in verskeie provinsies in Suid-Afrika aangemeld.


Dit kom nadat die eerste geval van die siekte onder varke vroeg verlede maand in die Amathole-distrik in die Oos-Kaap aangemeld is. Sowat 50 varke het toe gevrek. Dit was die eerste uitbreking in drie jaar in dié provinsie. Intussen is 'n afsonderlike uitbreking op 15 Mei in die Mafube plaaslike munisipaliteit in die Vrystaat aangemeld, nadat 38 van 70 varke op 'n betrokke plaas gevrek het. Reggie Ngcobo, woordvoerder van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, sê 'n nuwe uitbreking is ook aangemeld van 'n voortslepende situasie in die Lekwa plaaslike munisipaliteit in Mpumalanga. Hy sê al die betrokke eiendomme en gebiede in dié onderskeie provinsies is onder kwarantyn geplaas en bewegingskontroles van dié eiendomme is in plek. Die varke wat gevrek het op dié eiendomme is verwyder en daar word registers gehou van die oorblywende varke. Afrika-varkpes hou geensins 'n gevaar vir mense in nie en is ook nie 'n openbare gesondheidsrisiko nie.

EN

Die Suid-Afrikaanse regering se verbod op tabakhandel tydens die Covid-19-inperkingstydperk raak nie slegs tabakboere nie, maar die hele waardeketting wat verwerkers en vervaardigers insluit wat nie kan voortgaan met hul bedrywighede nie. Francois van der Merwe, 'n tabakboer en direksielid van Limpopo Tobacco Processors in Rustenburg in Noordwes, sê die tabakbedryf speel 'n reuse finansiële en sosio-ekonomiese rol in die land. Die regering se verbok op tabakhandel raak ook veral landelike ekonomieë in 'n groot mate. Hy sê alles word nou in die stryd gewerp deur verskeie betrokkenes om die Suid-Afrikaanse regering te oortuig dat dié verbod die hele bedryf kelder, terwyl sluikhandel in die proses toeneem.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.