On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Tabakverbod 'het geen invloed op verbruik'

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 18:11 Mon, 01 Jun 2020

Landbounuus-podcast: Tabakverbod 'het geen invloed op verbruik' | News Article

Die verbod op tabakprodukte in Suid-Afrika weens die Covid-19-inperking het geen invloed op die verbruik van dié produkte nie.



Francois van der Merwe, 'n tabakboer endireksielid van Limpopo Tobacco Processors in Rustenburg in Noordwes, sêdie gevolgevan dié verbod is  katastrofies vir die land. Die heletabakwaardeketting word deur ondergang in die gesig gestaar, terwyl diestaat 'n verlies van R1,5 miljard per maand lei. Hy sê daarmee saam wordrokers bloodgestel aan onwettige ongereguleerde produkte teenbuitensporige pryse. Van der Merwe sê die sowat 350 tabakboere in die land,waarvan 160 opkomende boere is,  asook tabakverwerkers en-vervaardigers, wat plaaslike tabak aankoop en plaaslik aan verbruikersverkoop, word swaar geraak. Suid-Afrikaners rook meer as 31 miljardsigarette per jaar, waarvan 19 miljard onwettige sigaretteis. As daar nie nou ingegryp word nie, gaan sluikhandel nog meertoeneem terwyl die wettige tabakbedryf  'n reuse finansiele en sosio-ekonomiesebydrae tot Suid-Afrika kon lewer.

Alle eiendomme en gebiede waar daar uitbrekings van Afrika-varkpesis, is onder kwarantyn geplaas. Dit kom nadat nog twee uitbrekingsonderskeidelik in die Vrystaat en Mpumalanga aangemeld is. Reggie Ngcobo,woordvoerder van die Departement van Landbou, Grondhervorming en LandelikeOntwikkeling, sê ná die eerste geval van dié siekte vroeg in Mei vanjaarin die Amathole-distrik, is dit inkleiner informele dorpies in die Oos-Kaap aangemeld. Altesaam 50 varke hetaanvanklik gevrek. 'n Nuwe uitbreking is op 15 Mei in die Mafubeplaaslike munisipaliteit in die Vrystaat aangemeld, waar altesaam 38 van 70varke op dié betrokke plaas gevrek het. Nog 'n nuwe uitbreking isaangemeld in die Lekwa Plaaslike Munisipaliteit in Mpumalanga, nadat daarverlede jaar 'n uitbreking in dié gebied was.  Ngcobo sê boere wordaangemoedig om hul varke in te perk, en menslike toegang tot waar varkeaangehou word, moet beperk word. 

EN

Die landboubedryf  in Suid-Afrika , wat uitvoergerigis, het tot nou toe minimale ontwrigtings in waardekettingsgehad. Dit kan toegeskryf word aan minimale globale ontwrigtings sienendedie landbou- en kosbedryf oor die wêreld heen werksaam was. Wandile Sihlobo, 'nlandbou-ekonoom van die landbousakekamer, Agbiz, sê die situasie kan in diekomende maande selfs verbeter omdat talle wêreldlande beperkings opekonomiese aktiwiteite en menslike beweging verlig. Hy sê in die eerstekwartaal van die jaar, 'n tydperk voor inperkingsmaatreëls weens diekoronavirus regoor die wêreld, was Suid-Afrika se landbouhandel aktief met 'nlandbouhandelsoorskot van 773 miljoen Amerikaanse Dollar. Dit is 'n16%-toename op 'n jaargrondslag.  


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.