On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Boere bedrywig in somersaaigebied

───   11:29 Tue, 02 Jun 2020

Landbounuus-podcast: Boere bedrywig in somersaaigebied | News Article

Boere in die somersaaigebiede het begin om vanjaar se oeste in te samel.


Volgens Landbouweekblad lyk die oesgehalte vanjaar heelwat beter na twee moeilike jare. Die milde reën wat in die tweede helfte van Desember en begin Januarie geval het, het egter op plekke versuipskade veroorsaak. Lourens van der Linde van die plaas Klein Constantia by Wesselsbron sê hulle is volstoom aan die stroop met mielies. Hy voeg by die lande is baie nat, en vertraag ietwat die stroopproses, maar die eerste mielies se voginhoud is onder 15% en die gehalte is baie goed. Hy sê verder dit lyk darem nie asof herfsreën die gehalte beinvloed het nie, omdat hulle vroeër kon plant as die vorige jaar.


AND

Francois van der Merwe, 'n tabakboer en 'n adviseur in die tabakbedryf, meen die regering se verbod op tabakprodukte help nou die verspreiding van die koronavirus aan, want die werklikheid is dat  dié  verbod nie daartoe lei dat mense ophou om dit te gebruik nie. Die gevolge daarvan is katastrofies vir Suid-Afrika en 'n hele waardeketting staar ondergang in die gesig. Daarmee saam verloor die regering R1,5 miljard per maand en rokers word blootgestel aan onwettige ongereguleerde produkte wat teen hoë pryse verkoop word. Hy sê alle betrokkenes gaan egter onverpoos voort om die regering te oortuig dat daar weer met Suid-Afrikaanse tabakprodukte handel gedryf kan word. Van der Merwe hoop daardeur kan die regering tot sy sinne kom en indien nie, moet daar begin word om die vraag te stel wat die werklike kwessie agter die verbod op tabakprodukte is.  Daar moet uitgevind word of daar onwettige geld is wat iewers vloei en waarby betrokkenes baat. Dit is egter onnodig want 'n mens wil sy regering tog vertrou, sê hy.





OFM-nuus/Christal-lize Muller

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.