On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Senwes en Suidwes Landbou wil saamsmelt

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:27 Thu, 04 Jun 2020

Landbounuus-podcast: Senwes en Suidwes Landbou wil saamsmelt | News Article
Suidwes Landbougroep uitvoerende beampte, Dr. Herman van Schalkwyk

Die mededingingskommissie sal nou moet besluit of die agri-besighede, Senwes en Suidwes Landbou kan saamsmelt.


Dit nadat Suidwes Landbou se aandeelhouers op dié groep se algemene jaarvergadering verlede Vrydag ten gunste van 'n almalgamasie was. Dr. Herman van Schalkwyk, die groep uitvoerende beampte van Suidwes Landbou, sê hulle is egter hoopvol om 'n antwoord van dié kommissie in die komende twee weke te ontvang.  Hy sê Suidwes Landbou se dienslewering deur sy 20 takke regoor Noordwes en die westelike deel van die Vrystaat, sal nie geraak word deur die moontlike samesmelting nie. Van Schalkwyk sê weens landboutoestande in Suid-Afrika waar boere se getalle afgeneem het, is dié landboubesigheid met sy hoofkantoor in Leeudoringstad in Noordwes, negatief geraak. Landbougrond verminder nie, maar kliënte se getal doen wel en besigheidsgeleenthede bly in die slag. Van Schalkwyk sê ook die afgelope paar jaar se droogtetoestande het ook 'n impak gehad op debiteure van dié landboubesigheid en daarom het Suidwes Landbou die moontlikheid van nuwe vennootskappe ondersoek om sy ekonomiese skaal verder te versprei.

EN

Dit is verblydend dat die veebedryf 'n stygende tendens toon. Die situasie rondom die prys van lewende hawe is stelselmatig in die proses om na normaal terug te keer. Dit is volgens Chris Derksen, 'n bekende in die veebedryf. Derksen bespreek weekliks op 'n Donderdag die veilingspryse wat op lewende hawe veilings behaal is. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik.





OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.