On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Agri SA hoopvol oor buurt- en plaaswagte

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:47 Thu, 04 Jun 2020

Landbounuus-podcast:  Agri SA hoopvol oor buurt- en plaaswagte | News Article

Agri SA is hoopvol dat die polisie binnekort uitklaring sal gee oor of buurt- en plaaswagte voort kan gaan om landelike gebiede te patroleer.


Dit is volgens Tommie Esterhuyse, voorsitter van landelike veiligheid by Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid, nadat dié organisasie se landelike veiligheidskomitee vandeesweek vergader het. Die patrollering van gebiede is nie toegelaat tydens die vorige vlakke van die nasionale inperkingstydperk nie. Die regering voer onder meer aan dat die beweging van dié instellings 'n risiko inhou vir die verspreiding van die pandemie. Esterhuyse sê die afdelingskommissaris van sigbare polisiëring, Moeketsi Sempe, het aangedui dat hy binnekort uitsluitsel hieroor sal gee. Esterhuyse meen dit is noodsaaklik dat gebiede gepatrolleer word. Esterhuyse moedig Agri SA lede aan om voort te gaan om hul eie plase te patrolleer en dit kan ook geskied in distrikte met die nodige toestemming van die polisie.

Intussen doen die burgerregteorganisasie AfriForum en die familieboernetwerk, Saai, 'n beroep op buurt- en plaaswagte om voort te gaan om gebiede te patrolleer, ondanks voorvalle van teenkanting wat by die organisasies aangemeld is. Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, sê dié organisasies sal ook regshulp bied aan enigeen wat kwaadwillig vervolg word in die wettige uitvoer van dié bedrywighede. Daarmee saam beoog dié organisasies om Saterdag 'n versetpatrollie oor die land heen te hou. Cameron sê daar is baie gevalle van uitstekende samewerking tussen buurt- en plaaswagte met die polisie maar dit blyk egter nou dat sommige hooggeplaaste regeringsamptenare se hooffokus nié die bekamping van misdaad is nie en dit is juis die rol wat buurt- en plaaswagte verrig. Hy sê AfriForum verwag dat daar tydens vlak 3 van die Covid-19-inperking ’n toename in misdaad gaan wees en juis daarom is dit nou belangriker as ooit dat die regering besef landelike gemeenskappe is kwesbaar.

EN

Die Peritum Agri-instituut in Bloemfontein bied Vrydag 'n virtuele opedag vir voornemende landboustudente aan. Odette Shepperson, bemarkingsbestuurder van dié instituut sê dié platvorm word gebruik weens die Covid-19-inperkingsregulasies.  Sy sê belangstellendes kan om 16:00 op Peritum Agri se Facebookblad deel van dié opedag wees, vrae deur belangstellendes gaan ook direk op dié platform beantwoord word. Vir meer inligting besoek dié instituut se webtuiste.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.