On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Geen nasionale wolveiling vandeesweek nie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:22 Fri, 05 Jun 2020

Landbounuus-podcast: Geen  nasionale wolveiling vandeesweek nie | News Article

Daar is verskeie faktore wat daartoe bygedra het dat die nasionale wolveiling in Port-Elizabeth nie vandeesweek plaasgevind het nie.


Deon Saayman,  algemene bestuurder van Cape Wools SA,  sê weens die Covid-19-pandemie het daar 'n agterstand in die bedryf plaasgevind en dit sal 'n ruk neem vir die normale siklus in die wolbedryf te hervat.  Volgens Saayman  is daar reeds 9 000 bale wol beskikbaar vir die nasionale veiling volgende week. Hy sê die seisoen staan einde se kant toe met die laaste nasionale veiling vir dié seisoen wat na verwagting op 8 Julie vanjaar sal plaasvind. Boere kan steeds in dié geval wol tot 17 Junie lewer.  Skakel volgende Vrydagoggend in op OFM se Agri-Uur tussen 05:00 en 06:00 met Gerben van Niekerk vir die volledige wolmarkverslag wat weekliks deur Cape Wools SA aan OFM-nuus verskaf word.

EN

Agri SA is positief dat die polisie op 'n hoë vlak spoedig uitsluitsel sal verskaf oor die patrollering van landelike gebiede deur plaas- en buurtwagte. Dit kom nadat dit nie tydens die Covid-19-inperkingsregulasies op vlak 5 en vlak 4 toegelaat is nie. Tommie Esterhuyse, voorsitter van landelike veiligheid by Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid, sê patrollering kan wel op vlak 3 van die inperking geskied, maar slegs deur boere self op hul eie plase. Hy meen dit is egter steeds onvoldoende, veral weens 'n toename in diefstal en meer spesifiek veediefstal op plase.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.