On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: 'Tree op teen onwettige jag met honde'

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:21 Fri, 05 Jun 2020

Landbounuus-podcast: 'Tree op teen onwettige jag met honde'  | News Article

Die onwettige jag van wild deur gebruik te maak van honde neem toein die Oos-Kaap en nou ook in die Vrystaat.


Dit is volgens Tommie Esterhuyse, voorsitter van landelike veiligheid by Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid, nadat dié organisasie se komitee vir landelike veilingheid onlangs vergader het. Esterhuyse sê daar moet baie ernstig daarteen opgetree word. Esterhuyse sê dié ontwettige jag, hoofsaaklik van kleiner wild, is een van die kwessies wat dié organisasie met die polisie se afdelingskommissaris van sigbare polisiering, Moeketsi Sempe, wil bespreek, want daar ontstaan talle probleme rondom die aanhouding van honde, nadat verdagtes aangekeer is. Intussen sê Esterhuyse Agri SA wag steeds dringend op Sempe se terugvoer oor die patrollering van landelike gebiede deur plaaswagte, omdat daar steeds onsekerheid is oor of dit in vlak 3 van die nasionale Covid-19-inperkingsregulasies toegelaat word. Daar was 'n verbod op die patrollering deur plaas- en buurtwagte sedert die inperkingstydperk in werking gestel is.

Daar is 'n mate van afplatting na die vraag van Suid-Afrikanse wol deur die land se internasionale handelsvennote. Dit het gelei tot 'n skerp daling in handelsverkope. Deon Saayman, algemene bestuurder van Cape Wools SA, sê egter dit is te verstane te midde van die globale Covid-19-pandemie, maar Suid-Afrikaanse produsente kan steeds positief wees. Dit kom nadat die nasionale weeklikse wolveiling in Port Elizabeth nie plaasgevind het nie. Saayman sê weens die Covid-19-pandemie het daar 'n agterstand in die bedryf en opsigte van die skeer van skape en die vervoer van wol na die mark, ontstaan. Hy meen dit sal 'n ruk neem vir die normale siklus in die wolbedryf om te hervat. Die volgende nasionale veiling sal egter wel plaasvind, en daar is reeds 9 000 bale wol beskikbaar.

EN

Intussen sê die algemene bestuurder van die Nasionale Wolkwekersvereniging, Leon de Beer, dié bedryf is op dreef, nadat daar 'n verbod op die handel met wol was tydens die begin van die nasionale grendeltydperk weens die Covid-19-pandemie.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.