Agriculture
Landbounuus-podcast: NWK dankbaar vir goeie graanoeste─── CHRISTAL-LIZE MULLER 11:29 Thu, 11 Jun 2020
Die landboubesigheid, NWK, moedig produsente en gemeenskappe aan om nou goed te beplan te midde van goeie graanoeste wat verwag word.
Theo Rabe, hoof uitvoerende beampte van NWK, sê boere in Noordwes, waar dié landboubesigheid diep wortels het, is baie geseënd en dankbaar ten opsigte van die goeie oeste wat gelewer word, veral nadat die voortslepende droogte in gedeeltes van dié provinsie, boere op hul knieë gedwing het.
EN
'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, sê daar is twee markte in die stadium. Dit sluit in speenkalwers, wat na voerkrale gaan, wat weer A-klas vleis lewer vir meer gegoede gemeenskappe. C-klas vleis word ook vir fabrieksgebruik gelewer. Dit is ook gemik op minder gegoede mense wat nie duur vleis kan bekostig nie. Hy sê die prys van speenkalwers styg goed en dit kan toegeskryf word aan 'n bestaande uitvoermark. Daarmee saam het die prys van skape ook toegeneem, maar dit is nie 'n tendens wat kan voorduur nie, omdat daar reeds 'n aanduiding is dat die prys van vetlammers afgeneem het, sê hy.
OFM-nuus
