Agriculture
Landbounuus-podcast: SA kort nuwe visie vir die toekoms - Kenner─── CHRISTAL-LIZE MULLER 11:51 Fri, 12 Jun 2020
Suid-Afrika het 'n nuwe visie vir die toekoms nodig.
Dié visie moet sterk fokus op ekonomiese groei en daar moet verder gekyk word na die land se onderliggende ekonomiese probleme sodat geleenthede wat 'n groeienende bevolking in stede bied duidelik sigbaar is. Dit is volgens prof. Philippe Burger, pro-visekanselier vir armoede, ongelykheid en ekonomiese ontwikkeling aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) wat meen dié visie is geskoei op beter ekonomiese groei, wat inklusief, beleggingsgedrewe en op stede gefokus is. Burger het vandeesweek deelgeneem aan die Varsproduktebemarkingsvereniging, PMA, se vierde Suider-Afrika samesperkings, en meen Suid-Afrika was reeds in 'n ekonomiese resessie voor die uitbreking van die Covid-19-pandemie. Hy meen talle Suid-Afrikaners het weens dié resessie 'n rommelstatusvisie ontwikkel. Burger sê Suid-Afrika kan nie sy uitdagings ontken nie, en dit moet dringend aangespreek word. Daar moet egter verder as dié uitdagings gekyk word en daar moet herbesin word oor hoe die situasie in Suid-Afrika oor tien jaar of selfs 25 jaar daarna gaan uitsien.
EN
Min grootskaalse skade is Woensdag deur verskeie brande regoor die Vrystaat veroorsaak. Met die kouefront vanaf die Kaap wat nou in die sentrale binneland bibberweer veroorsaak, was daar Woensdag sterk wind en verskeie grasbrande wat in die Mangaung en Matjabeng munisipale gebiede voorgekom het. Algemene bestuurder van die sambreelliggaam vir brandverenigings in die Vrystaat, Johann Breytenbach, sê die grootste brand was in die Thaba Nchu distrik op trustgrond, maar dit was nie 'n wegholbrand nie ondanks sterk windtoestande. Hy sê die brandindeks was Woensdag in die suidelike gedeelte van die Vrystaat hoog, maar die provinsie het lig daarvan afgekom as die weerstoestande toé in ag geneem word. Hy sê dié veelvuldige brande vandeesweek dui egter daarop dat die brandseisoen nou hier is.
OFM-nuus
