On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Kommer oor NDBV se interdik op uitvoer per see

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:05 Mon, 15 Jun 2020

Landbounuus-podcast: Kommer oor NDBV se interdik op uitvoer per see | News Article
File image

Die Rooivleisbedryfsforum het sy kommer uitgespreek oor die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) se dringende interdik om die uitvoer van lewende hawe per see na die Midde Ooste te verhoed.


Simon Streicher, bestuurder van dié forum, sê hulle het 'n direkte en aansienlike regsbelang en kan nadelig geraak word deur 'n hofbevel as dit in die guns van die NDBV is.  Dit kan dan 'n impak op die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf hê.  Hy sê enige aksie om die vervoer van diere per see te verhoed sal ondersteun word as daar enige bewyse van wreedheid teenoor die diere is. Die Wêreld-organisasie vir Dieregesondheid (OIE) se riglyne met betrekking tot die vervoer van diere per see is 'n riglyn in dié verband.  Hy sê egter die NDBV se aansoek vir 'n oorkoepelende verbod op die vervoer van lewende hawe per see word nie ondersteun nie. Die Rooivleisbedryfsforum is 'n oorkoepelende organisasie wat uit 13 lede bestaan wat genomineer is. Dié lede verteenwoordig die belange van spesifieke organisasies in die rooivleiswaardeketting van die produsent tot die verbruiker.

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging het 'n slag geslaan in die Hooggeregshof in Grahamstad in die Oos-Kaap deurdat hulle 'n dringende tussentydse interdik teen die Al Mawashi en die maatskappy van Koeweit, wat die Al Messilah-skip besit, bekom het. Dié skip het verlede week die Suid-Afrikaanse kuslyn genader om 'n vrag van sowat 70 000 skape te laai wat vir die Midde-Ooste bestem is.  Marcelle Meredith, uitvoerende direkteur van die nasionale raad van dierebeskermingsverenigings, sê die tussentydse interdik is in plek hangende die verhoor op 16 Julie. Sy sê intussen mag dié twee maatskappye nie skape wat by 'n voerkraal aangehou word vervoer nie. Dié diere mag ook nie uitgevoer word nie.  Sy sê dié raad is teen die lewende uitvoer van diere per see gekant, omdat onder meer die toestande waarin dié diere in die skip aangehou word nie voldoende is nie.

EN

Grasbrande kan dié brandseisoen 'n gevaar inhou, veral in die Vrystaat. Dit is volgens Johan Breytenbach, die algemene bestuurder van die sambreelliggaam vir brandverenigings in dié provinsie, wat meen dit kan toegeskryf word aan die lading van veld wat hoog is nadat dit goed gereën het in 'n groot gedeelte van dié provinsie die afgelope seisoen.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.