On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Sybokhaarmark sak terug weens #Covid19 in China

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 10:30 Wed, 17 Jun 2020

Landbounuus-podcast: Sybokhaarmark sak terug weens #Covid19 in China | News Article
Photo

Die sybokhaarmark het vandeesweek teruggesak weens onsekerheid nadat daar sprake is van 'n tweede golf van die Covid-19-pandemie wat in China uitgebreek het.


BKB se algemene bestuurder, Isak Staats, sê daar was ‘n totale aanbod van 1 173 bale op die weeklikse veiling. Hy sê hoewel skeersels uitstekend voorberei is deur boere, het die mark steeds 'n afname getoon. Fyn Kids het goed verkoop en was gemiddeld 1,0% duurder. Hy sê die jongbokmark het die meeste teruggesak en was gemiddeld 5,0% goedkoper as die prys wat op die vorige veiling behaal is. Fyn grootbokke het onveranderd verhandel en sterk grootbokhaar wasgemiddeld 3,0% goedkoper. Die gemiddelde markaanwyser het 3,0% laer verhandel en teen R231,56 per kg gesluit. 

EN

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het 'n slag geslaan in die hooggeregshof in Grahamstad in die Oos-Kaap deurdat hulle 'n dringende tussentydse interdik bekom het teen Al Mawashi, die maatskappy van Koeweit wat die Al Messilah skip besit. Dié skip het verlede week die Suid-Afrikaanse kuslyn genader om 'n vrag van sowat 70 000 skape te laai wat vir die Midde-Ooste bestem is.  Meg Wilson, hoof van openbare betrekkinge by die NDBV, sê die tussentydse interdik geld totdat die verhoor op 16 Julie plaasvind waarin die NDBV die uitvoer van lewende diere in totaal teenstaan. Tot dan mag dié betrokke skape, wat by 'n voerkraal aangehou word, nie vervoer word nie. Dié diere mag ook nie uitgevoer word nie. Sy sê die diere lei aan hitte-uitputting en die toestand op die skip is van so 'n aard dat wanneer die skape vervoer word, die situasie vererger.  


OFM-nuus

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.