On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Voortslepende dieseltekort bekommer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:43 Wed, 17 Jun 2020

Landbounuus-podcast: Voortslepende dieseltekort bekommer | News Article

Die situasie rondom die beskikbaarheid van diesel in Suid-Afrika vererger.


Die DA se skaduminister van minirale hulpbronne en energie, Kevin Mileham, sê hulle bly bekommerd oor die gebrek aan reaksie vanaf minister Gwede Mantashe, sy departement en die Parlement oor die voortslepende tekort aan diesel.  Volgens Mileham, word Gauteng die ergste geraak met groothandelaars en kleinhandelaars wat volgens inligting nie diesel het nie en ook probleme ondervind om voorraad in die hande te kry.  Hoewel produksie by raffinaderye toegeneem het en die invoer van produkte in Suid-Afrikaanse hawens aangekom het, sal dit nom minstens 'n week duur om die binnelandse markte te bereik. Mileham het gesê die situasie word vererger deur die diefstal van dele van die meervoudige pyleiding vanaf Durban na Gauteng. Hy sê nog niemand van die regering het op die DA se versoek gerageer vir 'n dringende inligtingsessie wat moet plaasvind om die situasie aan te spreek nie.  Volgens Mileham word die Suid-Afrikaanse ekonomie, veral landbou, mynbou en die vervoerbedryf in die proses belemmer.  

Intussen sê Kobus van Zyl, 'n boer van die Allanridge/Wesselsbron-distrik in die Vrystaat, boere wat nou in die stroopproses is sukkel inderdaad om dieselvoorraad in die hande te kry. Hy sê verskeie verskonings word gegee waarom daar 'n tekort aan diesel in die land is. Hy sê intussen trek produsente aan die kortste ent. Van Zyl sê hy het reeds in Mei diesel bestel 'n week voor die brandstofprys gestyg het. Hy het selfs vir dié dieselvoorraad betaal, maar het sedertdien nog geen voorraad ontvang nie.

EN

Die Suid-Afrikaanse wildbedryf kan nou 'n tree vorentoe gee danksy die opheffing van die verbod op die jag van wild wat tydens die Covid-19-inperkingstydperk verbied is. Wiaan van der Linde, adjunkpresident van Wildbedryf SA, sê daar kan nou in vlak 3 van die inperking voortgegaan word met binnelandse jag. Daar kan ook oor grense gereis word en selfs op jagplase oorgeslaap word. Hy sê binnelandse jag kan geskied maar dit is egter onderhewig aan streng regulasies soos reispermitte moet bekom word en daar kan slegs drie mense in 'n voertuig reis. Jagpermitte is ook 'n noodsaaklikheid.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.