Agriculture
Landbounuus-podcast: Organisasie spreek kommer uit oor #Covid19-hulpfonds─── CHRISTAL-LIZE MULLER 12:08 Thu, 18 Jun 2020
Die Rooivleisprodusente-organisasie (NERPO) het sy kommer uitgespreek oor die regering se gesloer om die uitdagings van veral kleinveeboerderye in die land aan te spreek.
Dié organisasie het in 'n verklaring gesê talle kleinboere se aansoeke vir die Covid-19-hulpfondse, wat deur president Ramaphosa ingestel is tydens die nasionale inperking, was onsuksesvol. OFM-nuus se Cathy Dlodlo berig Suid-Afrikaners het tyd en geld geskenk om teen die pandemie te veg en dit sluit beloftes van 'n miljard rand of meer - van 'n aantal prominente sakefamilies en maatskappye in - om besighede te help.
EN
Die mark vir lewende hawe op veilings bly sterk, hoewel die prys wat vandeesweek vir diere behaal is nie dramaties gestyg het nie. 'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, sê daar is egter 'n groot aanvraag vir alle klasse vee. Hy verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe en versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van diere. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Volgens Derksen het speenkalwers onder 200kg teen R32,87 per kg verkoop, speenkalwers tussen 200kg en 250kg teen R32,35 en speenkalwers oor 250kg het teen R29,84 per kg verkoop. Hy sê vet skape het teen R27,10 per kg gegaan. Boklammers het vir R36,02 per kg en ooie het vir R27,10 per kg verkoop.
OFM-nuus
