On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Boere Droogtehulp SA skenk kospakkies aan Bloemfonteiners

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 10:16 Fri, 19 Jun 2020

Landbounuus-podcast: Boere Droogtehulp SA skenk kospakkies aan Bloemfonteiners | News Article
Photo: sagoodnews.co.za

Die nie-winsgewende maatskappy, Boere Droogtehulp SA, reik ook uit na gemeenskappe wat in nood verkeer weens die impak van die Covid-19-pandemie en die inperkingsmaatreëls.


Jan Lotz,  bemarker en insamelaar van geld vir dié nie-winsgewende maatskappy in die Vrystaat, sê altesaam 61 gesinne in Bloemfontein gaan eerskomende Saterdag kospakkies ontvang. Hy sê dié gesinne is in die Bloemspruit- en Hilton-gebied in Bloemfontein. Al die kos wat uitgedeel gaan word, is deur middel van skenkings van weldoeners beskikbaar gestel. Boere Droogtehulp SA gaan egter voort met die verspreiding van veevoer en kos, asook ander noodsaaklikhede, aan landbou-gemeenskappe in die droogtegeteisterde Noord- en Oos-Kaap. Dié maatskappy het tydens die aanvang van die nasionale grendelstaat op 'n volgehoue grondslag, slegs op 'n kleiner skaal, veevoer in dié gebiede versprei.

EN

Daarmee saam moedig OFM luisteraars aan ombetrokke te raak by die onderskeie droogtehulpprojekte, wat ten doel het om landbougemeenskappe te ondersteun. OFM het 'n webblad geskep waarop luisteraars inligting oor die droogtesituasie in die sentrale binneland en in ander provinsies kan verkry en skenkings kan doen. Skakels van organisasies, soos Boere Droogtehulp SA en Agri SA, asook Agri Noord-Kaap, is op hierdie OFM-blad beskikbaar. Gaan na ofm.co.za, kliek op die Agri Aid-banier op die tuisblad om toegang te verkry.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.