On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Ontwrigting weens dieseltekort ongeleë vir boere

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 18:10 Tue, 23 Jun 2020

Landbounuus-podcast: Ontwrigting weens dieseltekort ongeleë vir boere | News Article

Dieseltekorte, veral in die landboubedryf in die sentrale binneland, neem nou toe.


Dr. Requier Wait,hoof van ekonomie en handel by Agri SA se Sentrum vir Uitnemendheid, sê diétekort aan dieselvoorraad was aanvanklik weens die strengerCovid-19-inperkingstydperk. Raffinaderye is tóé gesluit vir produksie en metdie oopstel van sekere vlakke van die land se ekonomie, het daar 'n toename indie vraag na diesel ontstaan. Wait sê hy,namens Agri SA en ander betrokkens soos Graan SA en die Landbousakekamer,Agbiz, vergader Woensdagmidden met dieSuid-Afrikaanse Brandstofbedryfsvereniging (Sapia) wanneer die jongste verwikkelinge in diebrandstofbedryf onder die loep kom. Wait sê Agri SA het egter met hoofverskafferswat diesel aan die landboubedryf voorsien, in gesprek getree en hulbesonderhede aan Sapia deurgegee in 'n poging om die impak van diedieseltekort teen te werk.  Hy sê dié ontwrigting kom nou op 'nongeleë tyd vir graanboere wat nou in die proses is om te stroop. 

Daarmee saam sê 'n boer en 'n delwer van die Schweizer-Renekedistrik in Noordwes, hy kan nie meer voortgaan met sy bedrywighede op die plaasnie weens sy dieselvoorraad wat nou uitgeput is. Hugo Viljoen sê sydieselreserwes is klaar en dit is nie slegs vir hom nie, maar virtalle boere en delwers in dié gebied'n reuse-probleem. Viljoen se maandelikse dieselverbruik is so tussen 10000 liter tot 15 000 liter.

EN

Vrystaat Landbou het hom sterk uitgespreek oor die onlangse aanvalop 'n bejaarde boer, John Parr, sy vrou, hul skoonseun en twee kleinkinders ophul plaas by Tweespruit. Francois Wilken, president van VL, sê misdaad enaanvalle op plase en kleinhoewes is altyd kommerwekkend. Daar is ook nou 'nprobleem met misdaad in dié provinsie, veral in gebiede wat teen dieLesotho-grens geleë is. Wilken sê dié kwessie is by Agri SA aangemeld wat nou op 'nnasionale grondslag van die polisie uitklaring moet ontvang. 



OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.