On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Indiensneming in SA daal

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:13 Wed, 24 Jun 2020

Landbounuus-podcast: Indiensneming in SA daal | News Article

Indiensneming in Suid-Afrika het met 38 000 mense tot 'n totaal van 16,4 miljoen mense gedaal, terwyl werkloosheid met 344 000 mense sonder werk tot 7,1 miljoen gestyg het.


Dit is volgens die kwartaallikse arbeidsmagopname  vir die eerste kwartaal vanjaar, wat deur Statistieke SA bekendgestel is. Daarmee saam het die amptelike werkloosheidsyfer hierdie kwartaal met 'n persentasiepunt tot 30,% gestyg teenoor die vierde kwartaal van 2019 se syfer.  Dié opname toon die persentasie werklose Suid-Afrikaners tussen die ouderdom van 15 en 64 het  met 0,3 van 'n persentasiepunt tot 42,1% toegeneem. Die getal ontmoedigde werksoekers in die land het met 63 000 toegeneem en diegene wat om ander redes nie in die arbeidsmark betrokke was nie, het  'n afname van 222 000 mense getoon.

Die netto daling in die totale indiensneming in die eerste kwartaal van 2020 word hoofsaaklik aangedryf deur die afname in die getal mense in die formele sektor en die landboubedryf. Daar was 'n afname van 21 000 mense in landbou. Die informele sektor en private huishoudings  het egter toenames in indiensneming waargeneem.  Statistieke SA se kwartaallikse arbeidsmagopname vir die eerste kwartaal van 2020,  toon ook die meeste bedrywe het in dié  kwartaal werksverliese getoon.  Die meeste werksgeleenthede het in die finansiële bedryf verlore gegaan. Gemeenskaps- en maatskaplike dienste het 33 000 geleenthede verloor gevolg deur landbou met 21 000 geleenthede. Daar was egter 'n netto toename in totale werkverskaffing by gemeenskaps- en maatskaplike dienste en die landboubedryf.

EN

Intussen sê Wandile Sihlobo van die Landbousakekamer, Agbiz, die impak van die Covid-19-pandemie  op die Suid-Afrikaanse ekonomie, laat baie vrae, maar in die landboubedryf is daar 'n mate van veerkragtigheid in vergeleke met ander bedrywe. Hy sê dit is vanweë die feit dat landbou grotendeels  tydens die strenger inperkingsmaatreëls as 'n noodsaaklike diens geklassifiseer is, hoewel subsektore soos wyn, tabak, en wol eers later ten volle oopgestel is. Daarmee saam verwag Suid-Afrika 'n groot graanoes dié seisoen, terwyl daar ook 'n rekord-sitrus-oes verwag word. Hy sê die impak van die Covid-19-pandemie se vereiste van maatskaplike distansiëring en ander gesondheidsregulasies op seisoenale arbeid, sal egter eers in die arbeidsmagopname vir die tweede kwartaal vanjaar bekend wees.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.