On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Begrotingstoekenning aan Landbank verwelkom

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:54 Thu, 25 Jun 2020

Landbounuus-podcast: Begrotingstoekenning aan Landbank verwelkom | News Article

Die landboubedryf kan nie sonder die Landbank funksioneer nie.


Dit is volgens die organisasie vir familieboere, Saai, se direksievoorsitter, dr. Theo de Jager, wat die R3 miljard verwelkom wat aan dié bank deur die minister van finansies, Tito Mboweni, in sy spesiale aangepaste begroting beskikbaar gestel is. Hy voorsien egter dat meer geld later weer aan dié bank toegeken sal moet word weens sekuriteitlose lenings wat uit dié geld geput word. Hy sê die Landbank se enigste sekuriteit lê in titelaktes en met beleidsonsekerheid en die regering se poging om eiendom sonder vergoeding te onteien, is die sekerheid van dié bank se fondasie in gedrang. De Jager sê dit kom daarop neer dat opkomende boere winsgewende boerderye op die grond wat hulle ontvang, moet vestig. Dit kan egter nie geskied sonder titelaktes nie, en daarom kan die R3 miljard wat aan die Landbank deur die regering toegeken is, steeds nie in die vorm van kommersiële lenings by boere, wat begunstigdes van die herverdelingsprogram is, uitkom nie.

'n Redelike hoeveelheid boere in die Noord-Kaap het koopbewyse ontvang as deel van die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, se Covid-19-hulpfonds, wat hoofsaaklik op opkomende en kommunuale boere, gemik is. Dit is volgens Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, wat sê dié koopbewyse word nou deur boere, wie se aansoeke suksesvol was, by verskeie landboubesighede ingedien.  Meestal veevoer en medisyne vir vee word verskaf. Hy sê dié koopbewyse is vir die opkomende bedryf, boere in tradisionele gebiede, sowel as kliener kommersiële boere beskikbaar gestel, en dit is verblydend. Jansen sê beide dié streke is in dieselfde bootjie ten opsigte van ramptoestande wat droogte betref, maar ten opsigte van Covid-19-hulp is dit nie die geval nie. Dit is daarom nie regverdig nie, want dié beperking van dié pandemie op landbou is dieselfde vir almal. Alle boere moes by dieselfde regulasies aanpas. Volgens hom is dit steeds onduidelik waarom soveel aansoeke vir dié regeringshulp in die opkomende sektor en kommersiële bedryf, wat aan die kriteria voldoen, afgekeur is.

EN

Intussen het die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, die geldigheidstydperk van koopbewyse vir die afhaal van insette  by goedgekeuurde verskaffers oor die land heen,  verleng. Dit vind plaas deur middel van 'n koopbewysstelsel wat deel vorm van die Covid-19-landbouhulpfonds van R1,2 miljard.  Reggie Ngcobo, woordvoerder van die departement, sê  die koopbewyse is nou geldig tot die einde Julie.  Die aanvanklike vervaldatum daarvoor was die einde van vandeesmaand. Ngcobo sê Didiza het dié besluit geneem in 'n poging om toe te sien dat boere en verskaffers sonder dié proses sonder druk kan afhandel.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.