On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Saai daag verbod op wettige tabakverkope uit

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:31 Fri, 26 Jun 2020

Landbounuus-podcast: Saai daag verbod op wettige tabakverkope uit | News Article

Die organisasie wat belange van familieboerderye verteenwoordig, Saai, sal na verwagting op 5 en 6 Augustus in die Wes-Kaapse Hooggeregshof verskyn om die regering se Covid19-regulasie op die verbod op wettige tabakverkope ongrondwetlik te verklaar.


Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, sê  dié organisasie is deel van tien applikante, gelei deur British American Tobacco  South Africa (BATSA), wat die stryd aanvoer. Hy sê Saai  verteenwoordig  boere en plaaswerkers wat nou in 'n krisis gedompel is oor dié verbod op tabakhandel as deel van die nasionale strategie om Covid-19-te bestry. Rossouw sê die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, dr.  Nkosazana Dlamini-Zuma, faal in haar standpunt. Hy sê die ware toets in dié hofgeding is egter die vraag of dié verbod noodsaaklik is om die aantal Covid-19-voorvalle te beperk.

EN

Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is 0,48 ton minder as die vorige skatting van 15,58 miljoen ton. Die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) het in sy vyfde oppervlakte- en produksieskatting vir somergraangewasse vir die 2020-seisoen die grootte van die mielie-oes op 15,51 miljoen ton geskat. Die geskatte oppervlakte onder mielies is 2,6 miljoen hektaar en die verwagte opbrengs is 5,94 ton per hektaar. Dié geskatte oes is egter 38% groter as die 2019-oes. Die Vrystaat, asook Mpumalanga en Noordwes, sal na verwagting 84% van dié oes produseer. Volgens die NOK is die produksieskatting vir wit- en geelmielies in die Vrystaat 6,99 miljoen ton en Noordwes 2,870 miljoen ton. Mpumalanga se produksieskatting vir wit- en geelmielies is 3,167 miljoen ton. In die Vrystaat sowel as Noordwes is die verwagte produksie hoër as die vorige seisoen.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.