On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Plaasaanval slagoffers sterk aan

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:30 Mon, 29 Jun 2020

Landbounuus-podcast: Plaasaanval slagoffers sterk aan | News Article

Dit gaan onder omstandighede goed met 'n 82-jarige vrou en haar 54-jarige seun wat die naweek aangerand, vasgebind en beroof is.


Janetta du Toit en haar seun Wimpie is Vrydagaand omstreeks 19:00 op die plaas Lovedale aangeval. Frans du Toit sê hy het vanoggend telefonies met sy ma ,  in die Mediclinic in Bloemfontein is, gepraat. Haar gemoedstoestand is goed. Frans sê Wimpie se gemoedstoestand is vandag beter, hy moet egter goed rus en slaap na dié traumatiese ervaring. Frans sê die aanvallers, vermoedelik drie mans met klapmusse aan, gaan dié gesin nie intimideer en Janetta en Wimpie weerhou om terug te trek na die plaas nie. Daar sal verskerpte maatreëls in plek gestel word om die plaas verder te beveilig. Hy sê sy broer is met staalstawe oor die kop geslaan toe hy ondersoek gaan instel het waarom daar 'n kragonderbreking was. Die ligte van die huis het afgegaan terwyl hulle televisie gekyk het. Dit is toe dat Wimpie deur drie mans oorval is. Hy is in die huis ingedwing en het sy kop teen 'n staalkrat beseer. Frans sê hy vermoed dit is waar die aanvallers die geleentheid gekry het om sy broer en ma vas te bind. Die aanvallers het met 'n rewolver vermoedelik op die vlug geslaan, waarna Frans en sy ma hulself kon loswikkel. Nog niemand is in hegtenis geneem nie.

EN

Christo van der Rheede, Agri SA se adjunk-uitvoerende direkteur, sê boere sit nou met hul hande in hul hare, want hulle kan nie dieselvoorraad bekom nie. Daarmee saam is 'n marginale styging in die prys van diesel nog 'n probleem. Daar is voldoende dieselvoorraad volgens die Suid-Afrikaanse Brandstofbedryfsvereniging (Sapia) in die Durbanse hawe beskikbaar. Die groot probleem is egter die sabotasie van die pyplyding van Durban na Johannesburg. Van der Rheede verwys na 'n verslag wat hy onder oë gehad het.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.