On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Slagoffers 'gaan hulle nie laat onderkry'

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:56 Mon, 29 Jun 2020

Landbounuus-podcast: Slagoffers 'gaan hulle nie laat onderkry' | News Article
File image

Die seun en broer van die 82-jarige Janetta en 54-jarige Wimpie du Toit, wat op die plaas Lovedale by Petrusburg in die Vrystaat aangerand, vasgebind en beroof is, sê dié gesin gaan hulle nie deur misdadigers onderkry nie.


Frans du Toit het aan OFM-nuus gesê sy ma en broer sal weer terugtrek plaas toe. Daarmee saam sal maatreëls in plek gestel word om die plaas verder te beveilig. Frans,wat baie vinnig op die plaas was ná die aanval, sê sy ma, wat steeds in die Mediclinic Bloemfontein is, se gesig is erg gekneus. Dit wil voorkom of die drie aanvallers wat klapmusse aangehad het, haar probeer versmoor het. Janetta se neus is gebreek. Frans sê Wimpie is deur die aanvallers verniel. 

Hy sê Wimpie en sy ma het Vrydagaand nuus op die televisie gekyk toe die huis se ligte afgegaan het. Hy is na die verdeelkas buite die huis om ondersoek in te stel. Hy is toe met twee ysterstawe oor die kop geslaan en deur die aanvallers in die huis ingesleep.

Boere van die Petrusburg gebied in die Vrystaat was blitsvinnig op die toeneel na Janetta du Toit en haar seun Wimpie Vrydagaand op hul plaas aangeval is. Kempen Nel, veiligheidsverteenwoordiger vir streek 18 en 19, en ook streeksverteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VL), sê Petrusburg-landbouvereniging se voorsitter,  Gert Labuschachagne, en 'n klomp boere het hulle vinnig na die toneel gehaas. Nel sê boere het deelgeneem aan 'n soektog na die drie verdagtes, wat glo te voet op die vlug geslaan het. Sover bekend is nog niemand in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

EN

In nog 'n aanval op 'n plaas in die Vrystaat die afgelope naweek is 'n aanvaller noodlottig op 'n plaas by Zastron gewond. Gerrit van der Walt is deur twee mans op sy plaas aangeval. Kempen Nel, Vrystaat Landbou se streeksverteenwoordiger in dié gebied, sê Van der Walt moes homself beskerm. Kempen sê die tweede aanvaller het weggehardloop.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.