Agriculture
Landbounuus-podcast: Hofuitspraak oor vervoer van lewende skape vandag verwag─── 11:23 Tue, 30 Jun 2020

'n Hofuitspraak sal na verwagting vandag in die hooggeregshof in Grahamstad gelewer word oor die tersyde stelling van 'n interdik om 'n skip in Oos-London te verhoed om met lewende skape na die Midde-Ooste te vertrek
Al Mahwashi koop lewendige skape aan in die Oos-Kaap vir uitvoerdoeleindes. Gerhard Schutte hoof uitvoerende beampte van die Rooivleisprodusente-organisasie, RPO, wat deel vorm van die Rooivleisbedryfsforum, sê dié forum het tot die hofgeding as 'n respondent toegetree. Hy sê dié interdik is verlede Donderdag aangehoor, waarin daar toe aangevoer is die besending en die vaartuig voldoen nie aan die Wêreld-organisasie vir Dieregesondheid, OIE, se riglyne nie. Hy sê die siening is dus bloot dat wanneer daar aan dié OIE-vereistes voldoen word, kan die maatskappy se skip voortgaan met die vervoer van dié besending. Dié forum sal dan dié vorm van handel ondersteun. Hy sê daar sal ook voortaan vasgestelde standaarde wees vir dié tipe handel moet wees.
EN
Dr Frikkie Mare, Senior landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, het met OFM-nuus gesels oor die huidige wisseling in vleispryse en gee ook ‘n voorspelling van hoe dit in die volgende paar maande kan ontvou. Volgens Mare bly skaap- en lamvleis se pryse die hoogste, gevolg deur beesvleis, varkvleis en dan bevrore hoenderprodukte. Indien daar wel ‘n ekonomiese resessie gaan ontstaan, soos deur kenners voorspel, gaan die duurder produkte soos skaap- en beesvleis waarskynlik ‘n groot knou kry.
OFM-nuus/Christal-Lize Muller en Pieter Möller