On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Plaasaanvalle in VS neem toe - VL

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:20 Tue, 30 Jun 2020

Landbounuus-podcast: Plaasaanvalle in VS neem toe - VL | News Article

Aanvalle op plase in die Vrystaat het die afgelope week toegeneem met drie aanvalle wat binne 'n bestek van ses dae plaasgevind het.


Tommie Esterhuyse, vise-president van Vrystaat Landbou (VL), meen dit is onaanvaarbaar dat boere en hul werknemers, wat tydens die Covid-19-inperkingstydperk daagliks kos vir die land produseer, onderwerp word aan wat hy beskryf as lafhartige en barbaarse optrede deur misdadigers. Hy sê daar was 'n aanval in Kommissiepoort, aangrensend tot Tweespruit, 'n aanval op 'n ma en seun - Janetta en Wimpie du Toit - by Petrusburg, en 'n boer van Zastron, Gert van der Walt, wat homself moes verdedig. Van der Walt het Saterdag daarin geslaag om by sy vuurwapen te kom toe hy deur twee mans aangeval is. Een van die aanvallers is noodlottig gewond. In die aanval by Tweespruit is John Parr, sy vrou, skoonseun en kleinkinders op 21 Junie deur vyf mans aangeval. Twee van die aanvallers is noodlottig gewond. Esterhuyse sê boere begin nou toenemend hulself, binne die perke van die gereg, te beskerm en dié optrede word deur die regering se versuim om gemeenskappe te beskerm genoodsaak.

Daarmee saam sê Kempen Nel, streekveiligheidsverteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VL) in die Xhariep-distrik, daar was vanjaar voorvalle op plase, maar dit was minder ernstig. Hy sê tydens die strenger Covid-19-inperkingstydperk was dit redelik stil, omdat daar nie baie menslike beweging toegelaat is nie, maar met die stelselmatige verslapping van dié maatreëls het misdaad toegeneem. Benewens die Petrusburg-aanval, het diefstal op plase in streek 18, wat Paardekraal, Jacobsdal, Luckhoff, Rietrivier, Koffiefontein en 'n gedeelte van die Oppermansgronde insluit, plaasgevind maar in 'n mindere mate as die situasie in aangrensende streke. Nel sê aanvalle op plase, asook misdrywe, vind onnodig plaas en boere moet steeds hul paraatheid opskerp en die nodige selfverdedigingswapens dra. Skiet-oefeninge moet ook gereeld gedoen word.

EN

Intussen sê Frans du Toit boere sal moet aanvaar hulle is 'n teiken vir misdadigers. Hy is die seun en broer van Janetta en Wimpie du Toit, wat na bewering Vrydagaand deur drie mans met klapmusse aan op hul plaas in die Petrusburg gebied aangerand en beroof is. Sover bekend is nog niemand in verband met dié aanval in hegtenis geneem nie. Janetta is steeds in die hospitaal, terwyl Wimpie, wat met staalstawe oor die kop geslaan is, ontslaan is en by familie aansterk.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.