On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Sonneblomsaad skatting onveranderd gelaat

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:35 Thu, 02 Jul 2020

Landbounuus-podcast: Sonneblomsaad skatting onveranderd gelaat | News Article
Foto: OFM-nuus

Luan van der Walt, 'n landbou-ekonoom van Graan SA (GSA), sê die sonneblomoesskatting is op bykans 766 000 ton geskat - 'n "redelike goeie skatting," ondanks verskeie uitdagings.


Talle sonneblomoeste is dié seisoen laat aangeplant en daar was aanvanklik kommer dat nie baie van dié aanplantings gaan plaasvind nie. Produsente het ook gesukkel met die swam Sclerotinia peul en stamvrot in hul gewasse. Sonneblomsaad se skatting is onveranderd gelaat vanaf die vorige skatting, terwyl die sojaboonskatting afwaarts aangepas is. Die verwagte Suid-Afrikaanse grondbone-oes is ook laer aangepas. Dit word hoofsaaklik toegeskryf aan uitdagings tydens die aanplatings van dié gewasse in die onderskeie produksiegebiede.


EN


'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen sê daar is steeds 'n styging in die mark in die meeste veeklasse. Veral die prys van stoorlammers het 'n groter styging getoon. Dit kan toegeskryf word aan die hofgeding oor die uitvoer van lewende skape in die Oos-Kaap, na die Midde-Ooste.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.