On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Polisie 'moet help met landelike beveiliging'

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:35 Thu, 02 Jul 2020

Landbounuus-podcast: Polisie 'moet help met landelike beveiliging' | News Article

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens moet nou daadwerklik toetree tot die stryd om landelike gemeenskappe te beveilig.


Dit is volgens Tommie Esterhyse, voorsitter van landelike veiligheid by Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid, nadat daar in Junie altesaam 30 aanvalle op plase en kleinhoewes oor die land heen aangemeld is. Tydens daardie aanvalle is vier moorde gepleeg. Dié toename word toegeskryf aan swak ekonomiese toestande te midde van die Covid-19-pandemie. Boere en plaaswerkers is ook sagte teikens. Esterhuyse sê Agri SA sukkel sedert Februarie om met die polisie se topbestuur te vergader, maar vordering word in dié verband gemaak. Hy vra boere, wie se nerwe dun is, om steeds kalm te bly en om nie die gereg in eie hande te neem nie. Esterhuyse sê dit is 'n moeilike versoek omdat boere deur die dag kos produseer en saans verantwoordelikheid moet neem vir hul eie veiligheid. Hy sê die landelike beveiligingsplan word nie op grondvlak inwerking gestel nie, en sal ernstig met die polisie opgeneem word. Dit is onaanvaarbaar dat daar steeds geen taakspanne vir landelike veiligheid, asook spesiale ondersoek-eenhede beskikbaar is nie.

Intussen sê Frans du Toit, die seun van die Petrusburg-slagoffers wat in 'n plaasaanval aangerand, vasgebind en beroof is, sy ma, Janetta, ontvang steeds hospitaal behandeling in Bloemfontein. Sy broer, Wimpie, is vroeër vandeesweek uit die hospitaal ontslaan nadat hy Vrydagaand buite hul Vrystaatse plaashuis deur vermoedelike drie mans met staalstawe oor die kop geslaan is. Die 54-jarige Wimpie het buite ondersoek gaan instel by die verdeelkas, nadat die ligte in die huis afgegaan het. Hy is deur die aanvallers na die huis gesleep. Die 82-jarige Janetta is aangerand. Haar gesig is erg gekneus en sy het 'n neusfraktuur opgedoen. Frans sê dit gaan onder omstandighede goed met haar. Sy broer het ook traumaberading ontvang. Sover bekend is nog niemand in hegtenis geneem nie.  

EN

Die Rooivleisprodusente-organisasie in die Noord-Kaap ondersteun die uitvoer van lewende skape ten volle. Dit moet egter aan die regulasies van die Wêreld-organisasie vir Dieregesondheid, OIE, voldoen. So sê Johan van der Colff, voorsitter van dié organisasie, nadat die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings, die NDBV, die uitvoer per skip van lewende diere wil verban. Daar word onder meer aangevoer die toestande in die skip is haglik. Van der Colff sê die welsyn van diere is van groot belang, maar indien die uitvoer op 'n korrekte wyse geskied, kan dit vorentoe 'n bestaande praktyk word. Die NDBV het vandeesweek nog 'n rondte in die hof gewen, met die maatskappy, Al Mawashi, en sy eweknië, die Livestock Transportand Trading Comapany (KLTT), se dringende hooggeregshof aansoek wat onsuksesvol was. Die Grahamstadse Hooggeregshof het beslis dié lewende skape mag nie uit Suid-Afrika na die Midde-Ooste uitgevoer word voordat die verhoor op 16 Julie plaasvind nie. 

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.