On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: NK Boere hoop vir reën

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:31 Fri, 03 Jul 2020

Landbounuus-podcast: NK Boere hoop vir reën | News Article

Boere in droogtegeteisterde winterreënvalgebiede in die Noord-Kaap hou steeds asem op vir goeie neerslae.


Dit kom na die voorspelde koue front van die afgelope naweek nie veel in terme van reën opgelewer  het nie. Dit het wel gesneeu, wat 'n welkome sig vir boere is, maar reën word steeds dringend benodig. Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, sê dié voorspelde koue front het die afgelope naweek diep in die binneland inbeweeg en sneeuneerslae het welkome grondvog verskskaf. Hy sê sodra sneeu smelt is daar 'n moontlikheid dat dié waterstroom in 'n dam of rivier kan invloei, maar dit is wydverspreide reën wat die wa deur die drif gaan trek.


EN


Daarmee saam sê 'n voorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor,  Quinton Jacobs,  daar is 'n greintjie hoop op 'n kouefront wat volgende Vrydag deur die Noord-Kaap beweeg. Dit kan broodnodige reën vir die westelike en suidelike winterreënvalgebiede in dié provinsie bring. Hy sê die res van die sentrale binneland kan volgende week normale winterstoestande, verwag. Kouer weer word soggens verwag met warmer sonnige toestande smiddae. Makismum dagtemperature kan wissel tussen 18 grade Celsius en 25 grade Celsius. In die noordwestelike hoek van die Noord-Kaap in gebiede by Augrabies, kan die kwik tot 'n minimum dagtemperatuur van 27 grade Celsius styg.  



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.