Agriculture
Landbounuus-podcast: 'Vooruitsigte vir landboutoestande in SA bly sterk'─── CHRISTAL-LIZE MULLER 11:24 Tue, 07 Jul 2020
Die vooruitsigte vir landboutoestande in Suid-Afrika bly sterk ondanks die voortdurende uitdagings wat die Covid-19-pandemie inhou.
Wandile Sihlobo, 'n landbou-ekonoom van die Landbousakekamer, Agbiz, sê onlangse landbou-ekonomiese data deur Statistieke SA het die siening dat vanjaar 'n hersteljaar vir die landboubedryf sal wees, ná dalende tendense wat vir twee jaar agtereenvolgens plaasgevind het, bevestig. Sihlobo sê die bruto binnelandse produk (BBP) en landbou-indiensneming is aanduiders in dié verband.
EN
Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, sê daar is bevestig dat R36 miljoen in droogtehulp deur die regering vir die Noord-Kaap toegeken is. Die probleem is egter dit is al in Februarie vanjaar toegeken, maar weens die Covid-19-pandemie en die inperkingsregulasies wat daarmee saamgaan, was die betrokke regeringsdepartemente nie ten volle werksaam gewees nie. Dit is die rede wat deur die regering verskaf word vir dié geld wat nog nie in die Noord-Kaap beskikbaar gestel is nie, sê Jansen.
OFM-nuus
